AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3149,8
-11,20
SOYA
19 Okt
-
7200
-60,00
SUNS
19 Okt
-
8630
10,00
WEAT
19 Okt
-
5728
-14,00
WMAZ
19 Okt
-
3180
-20,00
YMAZ
19 Okt
-
3341
-15,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Wol: Uitbreking van slenkdalkoors sal bedryf knou

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Ná die uitbreking van bek-en-klouseer in 2019 en die Covid-19-pandemie in 2020 kan ’n uitbreking van slenkdalkoors in 2021 ’n verwoestende uitwerking op die wolbedryf hê.

“Boere moet hul diere inent, want ons kan nie ’n uitbreking van slenkdalkoors bekostig nie,” sê mnr. Paul Lynch van Standard Wool in ’n dringende kennisgewing wat deur BKB saamgestel is om boere te waarsku oor die gevolge van ’n uitbreking van slenkdalkoors.

Volgens mnr. Deon Saayman, bestuurder by Cape Wools, stel lande soos China hul eie vereistes vir wolinvoer al dui die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) aan dat wol ’n veilige kommoditeit is met ’n uitbreking van slenkdalkoors.

Indien ’n uitbreking van slenkdalkoors in ’n distriksmunisipaliteit aangemeld word, plaas China tans ’n 92-dae-verbod op die invoer van wol uit die distrik.

Markaandeel

“As Suid-Afrika 30% of 40% (na gelang van hoe erg ’n uitbreking sou wees) se wol vir uitvoer moet onttrek, kan dit moeilik raak om kliënte se bestellings uit te voer,” sê Lynch.

Kopers sal dan elders wol koop en Suid-Afrika kan markaandeel verloor, soos wat met die vorige uitbreking gebeur het.

Hoewel daar steeds kopers vir die wol sal wees, word die mededinging om wol minder, wat tot laer pryse sal lei.

Lynch sê weens die Covid-19-pandemie kan ’n uitbreking van slenkdalkoors vrees ontlok, wat tot ’n oordrewe reaksie kan lei. Sommige lande kan dan die invoer van Suid-Afrikaanse wol opskort, al is daar gebiede wat vry is van die virus.

Die laaste ernstige uitbreking van die endemiese siekte het in die 2010-’11-seisoen plaasgevind, toe Suid-Afrika verliese van nagenoeg R2,253 miljard gely het.

Entstof skaars

Volgens Saayman is daar aanduidings dat die slenkdalkoors-entstof tans skaars is.

“Indien ons deur tye gaan met geen uitbrekings nie en daar tydperke van uiterse droogtes is, soos wat die grootste deel van Suid-Afrika die afgelope paar jaar ervaar het, sal boere gewoonlik nie hul diere inent nie.”

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig entstof volgens die aanvraag, wat beteken dat daar ’n tekort kan wees wanneer dit begin reën en meer boere hul diere begin inent.

Dr. George de Kock, direkteur by Cape Wools en voorsitter van die biosekuriteitskomitee, doen die volgende aanbevelings vir boere wat tans ’n tekort aan entstowwe ervaar:

  • Indien lewende entstof beskikbaar is, gebruik dit eerstens by jong diere. Lammers is baie kwesbaarder as volwasse diere. Ent alle ooilammers ouer as ses weke dadelik in. Ent ook ramme in as die paartyd eers oor drie maande is.
  • Nadat ooilammers ingeënt is, ent niedragtige jong ooie met lewende entstof in.
  • Ent dan volwasse ooie wat nie dragtig is nie, in met die lewende entstof.
  • Ent ram- of hamellammers wat nou ses tot agt weke oud is in met die lewende entstof indien dit beskikbaar is.
  • Ent dragtige ooie twee maal met geïnaktiveerde entstof in. Skuif dragtige ooie na hooggeleë gebiede. Dit kan aborsies en resorbsies verminder.
  • Indien beskikbaar, gee alle bogenoemde niedragtige diere voor September 2021 ’n skraagdosis lewende entstof. Dit sal die beskerming verbeter. Die nadeel van ’n uitbreking is so enorm dat dit die koste van ’n tweede inenting regverdig.
  • Skape moet, indien moontlik, nie in kampe met vol panne lam nie. Muggies kan in elk geval lammers só aanval dat hulle van bloedarmoede vrek.
  • Boere moet onder geen omstandighede dooie diere oopsny of laat oopsny nie. Slenkdalkoors is ’n dodelike siekte.
  • Boere moenie paniekerig raak en ongeregistreerde (tuisgemaakte) entstowwe gebruik nie.

Volgens De Kock is dit uiters belangrik om in die komende winter alle diere in te ent. Hy is bekommerd oor die volgende reënseisoen. Hy glo ’n groot uitbreking kan reeds hierdie herfs plaasvind, maar is oortuig dat daar volgende jaar ’n uitbreking gaan wees.

Boere moet nou entstof bestel, anders is dit baie moeilik vir OBP om te beplan en entstof te vervaardig om sodoende tekorte in die toekoms te beperk. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.8%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,782.30
+1.0%
Silwer
23.71
+2.6%
Palladium
2,098.00
+2.5%
Platinum
1,057.00
+1.7%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.3%
Hulpbronne 10
64,002
+0.8%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot