*Hierdie berig verskyn in die 1 September uitgawe van Landbouweekblad wat op 22 Augustus gesak het.
Aan die vooraand van die 2022-’23 wolseisoen staan die wolbedryf weer voor ’n onsekere toekoms. China het sy grense sedert April vir Suid-Afrikaanse wol gesluit vanweë hernude uitbrekings van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Die verlies word reeds op meer as R730 miljoen geraam.
Die wolverbod is ’n harde slag vir boere wat nog finansieel herstel ná die droogte. Die verbod van 2019 en die covid-19-inperkings is nog vars in die geheue van boere, makelaars en kopers wat deurentyd alles doen om die Suid-Afrikaanse wolmark aan die gang te hou.