AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wolverbod na China: Veilings gaan voort, maar…

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Die wolbedryf het aangekondig dat wolveilings sal voortgaan vir die 2022-’23-seisoen, maar weens die uitvoerverbod na China sal minder bale wol per veiling aangebied word.

“Op ’n vergadering tussen al die makelaars is besluit om voorlopig voort te gaan met veilings aangesien wol wat geskik is vir die Europese mark steeds kan verkoop,” sê OVK luidens ’n verklaring op Facebook.

Die veilingseisoen sal op 17 Augustus begin. China het begin April ’n verbod geplaas op die invoer van alle diereprodukte van diere met gesplete hoewe van Suid-Afrika, wat vetwol insluit, ná hernude uitbrekings van bek-en-klouseer. Suid-Afrika voer 70% tot 80% van sy vetwol uit na China.

Die verbod is ingestel ondanks die gesondheidsertifikaat wat in 2019 tussen China en Suid-Afrika onderhandel en goedgekeur is. Daarvolgens moet wol die voorgeskrewe behandeling deurgaan in ooreenstemming met maatreëls uiteengesit deur die wêreldorganisasie vir dieregesondheid (WOAH), voorheen bekend as die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE). Die behandeling sal die bek-en-klouseervirus vernietig as dit in wol voorkom.

“Cape Wools en andere soos Agbiz het alles in hul vermoë gedoen (en doen dit steeds) om ’n weg vorentoe te vind. Die Suid-Afrikaanse regering het die Chinese regering amptelik versoek om die verbod op te hef, maar nog geen amptelike reaksie van die Chinese ontvang het nie,” sê OVK.

“Ons is in die duister oor wat die Chinese beoog om te doen en of hulle inderdaad enige planne het.”

Kopers en makelaars het ná die verbod voortgegaan om die Suid-Afrikaanse mark aan die gang te hou. Kopers het sedertdien ongeveer R500 miljoen se wol vir die Chinese mark aangekoop waarvoor hulle nog nie betaal is nie, en waarop hulle maandeliks rente moet betaal. Makelaars het opbergruimte gratis aangebied, wat verdere finansiële druk op hulle plaas.

“Baie kopers het reeds hul limiet bereik van wat hulle kan doen en sal net kan aankoop wat hulle buite China kan verkoop,” sê mnr. Clarence Friskin, van die wolkoper Segard Masurel en voorsitter van die Suid-Afrikaanse wol-en-bokhaarkopersvereniging (Sawamba).

“As die verbod nie gou opgehef word nie, kan die ernstige finansiële gevolge hê met sommige maatskappy wat nie sal kan voortgaan nie.”

Markte

Die wol wat in die komende seisoen verkoop sal word, is hoofsaaklik langer lengte wol van goeie styl en goeie skoonopbrengs.

Volgens OVK het die makelaars onder mekaar besluit om die hoeveelheid bale wol op die veilings tot 7 000 bale te beperk. Die bale op elke veiling sal volgens meriete oorweeg word.

Boere kan dus verwag dat baie wol nie in die komende maande op die veilings sal verkoop nie, veral die tipes wat normaalweg vir die Chinese mark bestem is. China koop ongeveer 80% van Suid-Afrika se wol aan, van die beste style tot die heel swakste.

“Europa aan die ander kant het meestal beter style gekoop, iewers tussen 10% tot 20%. Hoewel Europese kopers meer van ons wol kan koop, kan Europa nie die Chinese mark vervang nie.”

Pryse vir die komende seisoen sal onder druk wees, met die Australiese mark wat aansienlik gedaal het in die afgelope twee maande, wat beteken dat die Suid-Afrikaanse mark onder druk sal wees.

“Ons huidige situasie laat ons met min onderhandelingskrag en ons kan waarskynlik pryse verwag wat minstens 5% laer as die Australiese pryse is.”

Hulle waarsku ook dat makelaars tans onder aansienlike druk verkeer weens die groot hoeveelheid onverkoopte wol.

“As die Chinese verbod in die volgende paar weke opgehef word (waarvan daar op die stadium geen aanduiding is nie), sal ons sit met ’n bottelnek van opgegaarde wol wat gaan meeding met die wol wat tans op die mark kom.”

Daar sal dus groot druk op die stelsel wees, wat beteken dat verdere beperkinge tot minstens die einde van die jaar op die aantal bale wol per veiling geplaas word. ’n Groot hoeveelheid wol sal dus waarskynlik oorgedra word na volgende jaar en totdat die agterstand uitgewis is.

Onderhandelinge

Volgens Cape Wools is ’n video, wat toon watter maatreëls daar in plek is vir die uitvoere van wol, reeds deur meer as 50 Chinese rolspelers gekyk, maar was daar tot dusver geen voordeel daaruit verkry nie.

Die Suid-Afrikaans ambassade in Beijing het onder meer met die direkteur-generaal van die Chinese ministerie vir buitelandse sake vergader om die bek-en-klouseer-protokolle wat in plek is te bespreek, waarna die direkteur-generaal homself daartoe verbind het om bystand te bied om ’n vergadering tussen die Chinese doeane-owerhede en ’n afvaardiging uit Suid-Afrika te help reël.

“Tydens die vergadering het dit ook aan die lig gekom dat die doeane-owerhede nie ten volle bewus was van die ooreenkoms wat in 2019 gemaak is nie, moontlik weens ’n verandering in personeel.”

Die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming het gevolglik bykomende inligting aan hulle verskaf om te verseker dat hulle die bek-en-klouseer uitvoerprotokolle ten volle verstaan.

Cape Wools het gevolglik ook ’n uitnodiging aan die doeane-owerhede gerig om die Suid-Afrikaanse wolbedryf te besoek, met Cape Wools se befondsing.

Alhoewel daar nog nie aanduidings is van die doeane-owerhede se planne nie, sê Cape Wools dit is verblydend dat daar op die hoogste vlakke samesprekings tussen die Chinese doeane-owerhede, die Chinese direkteur-generaal van buitelandse sake en die Suid-Afrikaanse ambassadeur plaasvind. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-1.1%
Rand - Pond
19.80
-2.0%
Rand - Euro
17.56
-1.1%
Rand - Aus dollar
11.69
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,653.77
-0.4%
Silwer
18.75
-0.8%
Palladium
2,205.00
+2.5%
Platinum
867.50
+0.1%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,962
-0.8%
Alle aandele
63,313
-0.8%
Hulpbronne 10
59,769
+3.3%
Industriële 25
76,857
-2.1%
Finansiële 15
13,723
-2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot