Boerderypraktyke moet daarop gemik wees om die reusegetalle mikro-organismes in die grond só te bestuur dat hulle vermeerder en ingespan kan word om sekere dienste tot voordeel van plante te verrig.
Dan hoef minder ingekoopte insette gebruik te word, sê prof. Karin Jacobs, ’n grondmikrobioloog van die departement mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch.
“Mikro-organismes is betrokke by alle kringlope (siklusse) in die grond. Hulle hou alles aan die gang.” Jacobs se eerste kennismaking met mikro-organismes in grond was by fynbos. Sy was verras deur die groot verskeidenheid swamme en bakterieë wat sy daar gevind het.