Toe mnr. Drikus Mouton in 2017 die familieboerdery by sy pa oorneem, was dit soos ’n skoon doek vir ’n skilder. Hy kon begin om ’n nuwe prentjie te skilder.
Hy het nie veel aan die diversifikasie van die boerdery verander nie, maar het begin om praktyke wat dit sou moontlik maak om minder kunsmis en landbouchemiese middels te gebruik, te oorweeg.
Organiese boerdery was ’n moontlikheid, maar al die voorskrifte en sertifiserings het hom afgeskrik. Uiteindelik het bewaringsboerdery geblyk die mees praktiese en doenbare opsie te wees.