
Besproeiingsboere van Groblershoop tot Onseepkans kan in Augustus leer om insette doeltreffender te gebruik op ’n boeredag naby Augrabies.
Die boeredag met die tema “Systap hoë kunsmispryse” word op Donderdag 11 Augustus aangebied deur Landbouweekblad en Charl Baard Landbouprodukte.
Die dag word by Lake Grappa, Kakamas, gehou.
Sprekers is dr. Pieter Raath van Labserve (“Riglyne om te oorleef”) en prof. Karin Jacobs van die Universiteit Stellenbosch (“Grondgesondheid: Benut jou grondorganismes).
Ander sprekers is mnre. Adri Truter van Metson World (“Doelgerigte grondgesondheidsprodukte”), Dawie du Plessis van Agricol (“Rol van dekgewasse”) en Peter Kuilman van Redsun (“Noodsaaklikheid van gesonde en veilige voedsel vir die wêreldmark”).
Ná middagete gaan almal die dekgewasproewe besigtig. Du Plessis sal dit bespreek en Raath sal die profielgate toelig.
Upington Trekkers sal ook bossieslaners en “mulchers” in die werksry en op die bankies demonstreer.
Die boeredag duur van 09:00 tot 15:00, waarna almal kan saamkuier.
Kaartjies kos R200 (sluit middagete in) en is beskikbaar op Quicket. Klik hier om 'n kaartjie te bespreek.
Vir meer inligting kontak: events@landbou.com / cblp.kantoor@gmail.com / 054 461 1016
Vir die program klik hier.