AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Dekgewasblomme lok dalk bye na boorde

akkreditasie
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Voorlopige resultate van ’n Hortgro-proef toon dat die teenwoordigheid van dekgewasblomme in boorde meer bybesoeke per blom in die boord kan meebring.

In boorde met dekgewasse het bye van 150% tot 300% meer gereeld appelblomme besoek as in boorde waar die dekgewasse tydens blomtyd platgekap was. Dit is die voorlopige resultate van proewe wat mnr. Matthew Addison, bestuurder van Hortgro se gewasbeskermingprogram, en me. Ansuli Theron van die Universiteit Stellenbosch in boorde in die Warm en Koue Bokkeveld gedoen het.

“Dit is op die oog af onlogies, want dit voel logies dat die blomme van die dekgewasse met dié van die kommersiële gewas sal meeding. ’n Moontlike afleiding is dat bye aktiewer is in omgewings waar daar meer en ’n groter diversiteit van blomme en dus meer voedingsbronne is. Hoe meer energie die bye uit voedingsbronne kan tap, hoe meer energie gaan hulle hê om meer blomme in die boord meer gereeld te besoek.”

Addison beklemtoon dat hierdie bevinding voorlopig is en dat dit voortaan deel sal uitmaak van die langtermynproewe met dekgewasse wat Hortgro al die afgelope vier jaar saam met ZZ2 in die Warm en Koue-Bokkeveld bestuur.

Soggens en saans

Uit die proewe is dit ooglopend dat die bye soggens en laatmiddag aktiewer was in die boorde met dekgewasblomme teenoor die boorde waar daar geen dekgewasblomme was nie. “Hierdie resultate bring ’n paar bykomende vrae wat ons sal ondersoek, onder meer watter ander insekte op die dekgewasse voorkom en watter invloed dit op die kommersiële gewas het. Ons gaan dalk vind dat die voordelige insekbevolkings en -aktiwiteit bevoordeel word tot dieselfde mate as wat die bye-aktiwiteit bevoordeel word. Dit sal enorme voordeel vir siekte- en plaagbestryding inhou.

“Ons navorsing het getoon dat die mikro-organismes, veral die springsterte (Collembola), aansienlik bedrywiger is in die werksry met dekgewasse as in die boomry waar daar kompos gestrooi is. Dit voel weereens onlogies, want ons sou verwag dat die kompos die aktiwiteit van die mikro-organismes en dus die springsterte ondersteun. Springsterte komposteer egter growwe organiese materiaal soos blare en takke en is dus baie tuis in die werksry.

“Ons is opgewonde om te sien of hierdie ongesiene voordele vir die vrugteboer wel in dekgewasse opgesluit lê, want dit is die verwagting wat deur hierdie voorlopige resultate van die ondersoeke na bye en springsterte geskep word.”

Bogenoemde inligting kom uit Addison se voorlegging op die webinaar van die Jack Human-herlewingslandbouweek, waarvan Landbouweekblad een van die borge was. Kontak Clint Ockhuis by events@landbou.com vir die volledige voorlegging.

Navrae: Me. Ansuli Theron, e-pos: ansuli@sun.ac.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot