Wat almal kan leer verstaan, is dat betreklik eenvoudige aksies deur die mens groot en wye gunstige impakte binne hierdie ingewikkelde stelsel kan hê. ’n Suid-Afrikaanse dekgewaskenner verduidelik só ’n stap.
Wanneer ’n mens hoor dat die landbou in Suid-Afrika sowat 13,6 miljoen ha behels, kan jy vergewe word as jy aanvaar dat dit genoeg grond is om die land se voedsel- en veselsekerheid lank in die toekoms te handhaaf.
As jy egter dieper delf, kom jy agter dat die produktiwiteit van hierdie grond hoogs wisselvallig is vanweë ’n reeks faktore, waaronder klimaat, versuring, erosie, oorbeweiding en die inhoud van grondorganiese materiaal.