Soos julle sal onthou, het ek verlede week met die besluit gesit: ‘Wat nou gemaak?’ Die snywurms was te veel en die soja-saailinge is opgevreet. Ná baie oorweging is die pad van chemiese middels gevolg en, wel, dit het toe nie die probleem opgelos nie. Om oor te plant was die uiteinde.
Hoekom het die chemiese middel nie gewerk nie? Was dit die op- volgreën ná die bespuiting? Moes ons dalk in die nag gespuit het vir beter resultate? Het die wurms miskien weerstand opgebou? Was die oplossing ’n sterker of dubbeldosis van die chemiese middel?
Dit is die vrae waarmee ons as boere worstel. As ’n mens ’n bietjie aan die vrae herkou en dinge probeer uitredeneer, verdiep die dilemma net. Een pad om te loop, is om ’n omgewing te skep waar slegs die plante wat geplant word, oorleef en groei.