Dit is moeilik om ’n mens se gedagtes oor kopskuiwe vas te pen en in een kraal te jaag, maar kom ons probeer . . . Die mens se denke alleen maak dit ingewikkeld in dié sin dat daar soveel faktore is wat die manier hoe ons dink, beïnvloed.
Dit kan strek van fisieke gebeurtenisse wat ons denke bepaal, tot geestelike en emosionele gebeurtenisse, wat be-paal hoe ons voel. Waar ons onsself bevind, is baie bepalend oor hoe ons iets beleef of daaroor dink.
As ’n mens maar net dink hoe jy voel as jy byvoorbeeld onder finansiële druk is, of ’n goeie bui reën ná ’n droogte kry, en watter rigtinggewende uitwerking dit op jou denke het. Dit is ’n feit dat boere ’n wipplankrit van emosies in hul leeftyd gaan hê.