
Internasionale en plaaslike wetenskaplikes en boere gee raad op Landbouweekblad se gewilde herlewingslandboukonferensie oor hoe boere die natuur kan inspan om winsgewender te boer.
Die konferensie, met die tema “Troef hoë insetkoste op die natuur se manier”, word op 15 Maart by die Nooitgedacht-wynlandgoed buite Stellenbosch gehou.
Vir net R800 per persoon, kom luister na sprekers soos:
• Dr. Ademir Calegari, internasionaal erkende Brasiliaanse dekgewasspesialis, oor die nuutste internasionale suksesse met herlewingslandbou.
• Mnr. Pablo Etcheberry, Argentynse beesboer wat hoëdigtheidsbeweiding suksesvol beoefen en toepaslike toerusting ontwerp om bestuur te vergemaklik.
• Me. Martli Slabber, sitrusboer van Citrusdal: Hoe dekgewasse en kompos lewe in sitrussandgrond geblaas het.
• Mnr. Jarred Murphy, sitrusboer van Clanwilliam en die Sandveld: Praktiese dekgewas-boereplanne in Weskus-sitrussandgrond.
• Mnr. Junior Heroldt, boer van Philadelphia: Suksesse en mislukkings: My pad om hoë insetkoste te verminder.
• Me. Charné Viljoen, junior lektor aan die departement landboukunde, Universiteit Stellenbosch: Meer voordele met laer stikstofbemestingspeile in aangeplante weiding.
• Mnr. Rens Smit, landboutegnikus, Wes-Kaapse departement van landbou, Langgewens-navorsingsplaas: Verminderde gebruik van kunsmis en insekdoder op die Langgewens-navorsingsplaas, en die gebruik van skape in die bestuur van dekgewasse.
• Me. Amandrie Louw, nagraadse student aan die departement bewaringsekologie en entomologie, Universiteit Stellenbosch: Insekdiversiteit in graanwisselboustelsels en die beskikbaarheid van voordelige roofinsekte.
COVID-19
Die koste van R800 per persoon sluit middagete in. Bespreek vroeg en betaal net R650, of R350 om die konferensie aanlyn by te woon.In ooreenstemming met Media24 se korporatiewe beleid moet alle persone wat die konferensie bywoon (en alle personeel teenwoordig) ten volle ingeënt wees of ’n negatiewe covid-19-toets (nie ouer as 72 uur nie) verskaf. Bring asseblief ’n bewys daarvan saam. Daar sal mediese personeel by die konferensie wees wat teen R250 ’n covid-19-blitstoets (antigeentoets) kan doen.
Koop jou kaartjie by https://qkt.io/Stbosch.
Besoek https://bit.ly/3rmS2Vq vir nog inligting.