
Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en meer winsgewend te boer, en kan dit dalk ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Kom kry antwoorde op hierdie en ander vrae by Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies.
Dit was een van die grootste onlangse skokke vir die landbou: Die onverwagse en skerp styging in die koste van produksie-insette, met die pryse van alles van kunsmis tot gewasbeskermingsprodukte wat met dubbelsyfers geklim het. Skielik het boerdery soveel duurder geword, en die risiko het aansienlik gestyg omdat boere noodgedwonge hoër opbrengste moes najaag.
Vandag is die kollig op maniere om duur insette die hoof te bied. Een van die vrae wat landboukenners hulself gereeld afvra, is of die natuur van die dienste kan lewer wat ons gewoonlik in ’n sak koop. By Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies kan boere kom kers opsteek by internasionale sprekers, by ander boere leer wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas, en meer uitvind oor jongste navorsing oor dié opwindende veld.
Kom steek kers op by onder andere:
Dié konferensies is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en lekkerder wil boer.
Klik HIER vir ’n programlusmaker.
Peter van Kets nou ook by Reitz-konferensie.
Kom word geïnspireer deur die beroepsavonturier en motiveringspreker Peter van Kets. Hy ken van vasbyt en om selfs in die moeilikste omstandighede deur te druk! Sy lewenslesse gaan jou help om meer gefokus en veerkragtig te wees.
Koop nóú jou kaartjie en ontvang ’n gratis intekening van DRIE maande op Landbou.com. Kom ontdek ’n wêreld van landboukennis
DATUMS:
7 en 8 Maart 2022: Reitz (Sluit in boeweproewe, praktiese demonstrasies van ultrahoëdigtheidsbeweiding en konferensiegangers kan saam met kenners in die veld stap)
Koste: R1200 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R1000. Alle etes ingesluit.
Aanlyn (“live streaming”): R500 (Sluit nie stroming van plaasbesoekpunte in nie.)
Kaartjies: https://qkt.io/Reitz
10 Maart 2022: Ottosdal (Sluit in boereproewe)
Koste: R500 per persoon. Middagete en braaipak (vir die aand) ingesluit.
Kaartjies: https://qkt.io/Ottosdal
15 Maart 2022: Stellenbosch
Koste: R800 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R650. Middagete ingesluit.
Aanlyn (“live streaming”): R350
Kaartjies: https://qkt.io/Stbosch
Klik op die skakels onder om solank deur die programboekies te blaai.