Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien.
By Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie in Reitz, Somerset-Wes en Ottosdal het sprekers dié en ander herlewingslandboukwessies onder die loep geneem. Met interessante praatjies en voorleggings kon konferensiegangers leer hoe om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons aanhou boer tot in die verre toekoms.
Hier is van die voorleggings: