AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Herlewingslandbou is nou ‘so bemarkbaar’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Konferensiegangers by Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie by Stellenbosch het heelparty praktiese wenke by Kaapse boere gekry, maar ook van wetenskaplikes gehoor.

Noudat mense meer bewus is van wat hulle eet en hoe gesonde kos verband hou met gesondheid, is herlewingslandboupraktyke maklik om te bemark, sê mnr. Junior Herholdt, ’n boer van Philadelphia.

“Vanweë covid-19 is almal bekommerd oor wat hulle eet, en dit maak ons saak so bemarkbaar.”

Herholdt, wat erken dat hy in sy leeftyd as boer probeer het om die hoogste moontlike opbrengste te behaal, het mettertyd besef dat dit net moontlik was teen baie hoë kunsmistoedieningspeile. Dit het nie noodwendig wins gemaksimeer nie en was nie goed vir sy grond nie.

Nou probeer hy om die grootste wins met die minimum eksterne insette te behaal deur grondgesondheid op sy plaas te verbeter, het hy op Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie by Stellenbosch gesê.

Toe hy gevra is of dit beteken dat die hoë pryse van kunsmis en plaagbestrydingsmiddels nie ’n impak op sy boerdery het nie, het hy gesê dit het, omdat sy boerdery nog in ’n oorgangsfase na herlewingslandbou is.

Hy bewerk die grond so min moontlik met ’n skyfplanter, probeer die grond bedek hou en probeer om die chemiese versteuring van die grond te beperk. Hy diversifiseer die deklaag op sy grond en die diere wat hy in sy boerdery gebruik. Hy probeer ook lewende wortels in die grond te hê vir so lank as wat die warm, droë somers van die Koeberg hom toelaat.

Praktiese wenke

Die praatjie van mnr. Pablo Etcheberry, bees-en-saaiboer van Argentinië, was ’n meesterklas in die praktiese toepassing van ’n intensiewe hoëdrukbeweidingstelsel en gepak met boereplanne wat menige Suid-Afrikaanse boer sonder te veel sukkel kan toepas.

Etcheberry het hulde gebring aan wyle mnr. André Lund van Beaufort-Wes vir al die vindingryke planne en patente wat hy ontwikkel het voor hy (Etcheberry) nog daaraan kon dink.

Hy sê die oorgang van ’n ekstensiewe beweidingstelsel na ’n intensiewe stelsel moet stadig en deurdag plaasvind. Welslae is net gewaarborg as boere alle faktore wat diereproduktiwiteit bepaal, voortdurend dophou.

Mnr. Rens Smit, wetenskaplike tegnikus by die Wes-Kaapse departement van landbou op die navorsingsplaas Langgewens, het verduidelik wat hulle gedoen het om aansienlik minder plaagdoders en kunsmis in hul proewe te gebruik, maar goeie graanopbrengste te behaal en meer vleis per hektaar te produseer.

“Ons wil minder insette gebruik en hoër opbrengste en goeie koringgehalte behaal. Ons wil ekonomiese en ekologiese doelwitte bereik.”

herlewingslandboukonferensie
Die sprekers by Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie by Stellenbosch was, van links, mnre. Rens Smit, Junior Herholdt, Jarred Murphy, mee. Martli Slabbert, Charné Viljoen en Amandrie Louw. Foto: Amelia Genis

Insekdoders was die eerste inset wat hulle drasties verminder het. “Dis nie oornag nie, dis ’n stelselmatige benadering. Jy moet voortdurend monitor watter insekte op jou weidings of gewasse is.

“As jy byvoorbeeld bladspringer op jou weidings kry, moet jy bepaal watter uitwerking hulle op jou weiding gaan hê. Wat gaan dit kos om dit te bespuit en wat gaan die uitwerking wees as ek dit nie bespuit nie? Watter uitwerking gaan ’n bespuiting op die voordelige organismes hê? As jy al die besluite moet neem, raak dit regtig moeilik om te spuit. Maar jy moet dit voortdurend monitor.”

Sitrusboere soos me. Martli Slabber en mnr. Jarred Murphy het in hul praatjies verduidelik dat daar vrugbare planne te maak is met Citrusdal en die Sandveld se sand. Dekgewasse, soos rog en sorghum, en kennis van natuurlike plantegroei help hulle om beter te verstaan hoe om lewe in suur en warm sandgrond te blaas sonder om sitrusgehalte en -opbrengs in te boet.

Melkboere in die Suid-Kaap kan heelwat minder stikstofbemesting op aangeplante weidings toedien sonder om weidingsopbrengs of -gehalte in te boet, het navorsing deur me. Charné Viljoen van die departement agronomie aan die Universiteit Stellenbosch getoon. Minder stikstofbemesting is boonop goed vir die omgewing.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot