AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Herlewingslandbou kan arm plattelanders bemagtig en ophef

akkreditasie
Sprekers op die tweede dag van Landbouweekblad se onlangse herlewingslandbou-webinaar het saamgestem dat herlewingslandboupraktyke belangrike geleenthede bied om die vaardighede van baie arm Suid-Afrikaners op die platteland te ontwikkel, hulle te bemagtig en op te hef. Foto: LBW-ARGIEF
Sprekers op die tweede dag van Landbouweekblad se onlangse herlewingslandbou-webinaar het saamgestem dat herlewingslandboupraktyke belangrike geleenthede bied om die vaardighede van baie arm Suid-Afrikaners op die platteland te ontwikkel, hulle te bemagtig en op te hef. Foto: LBW-ARGIEF
Hoe meer herlewingslandboupraktyke deur die Suid-Afrikaanse boerderysektor aangeneem en toegepas word, hoe meer geleenthede sal daar wees om baie van die land se landelike armes op te lei en te bemagtig sodat hulle uiteindelik uit hul huidige omstandighede opgehef kan word.

Hoe meer herlewingslandboupraktyke deur die Suid-Afrikaanse boerderysektor aangeneem en toegepas word, hoe meer geleenthede sal daar wees om baie van die land se landelike armes op te lei en te bemagtig sodat hulle uiteindelik uit hul huidige omstandighede opgehef kan word.

Dié siening het gereeld na vore gekom tydens kundiges se aanbiedings op die tweede aand van Landbouweekblad se eerste herlewingslandbou-webinaar wat vandeesweek gehou is.

Een van die sprekers, mnr. DF Fyver van die Bhetjane-beesmaatskappy in Noordwes, het gesê sy voortdurende pogings om sy boerderyvertakkings te diversifiseer om finansiële risiko’s te versprei en die bo- en ondergrondse biodiversiteit en volhoubaarheid van sy plaas te verbeter, bied aan hom geleenthede om meer mense uit die omliggende gemeenskappe in diens te neem of te bemagtig.

Hierdie geleenthede sluit in dat sommige van die vee-eienaars in hierdie gemeenskappe van hul diere deur middel van Fyver se bestaande herlewingslandboupraktyke, soos ultrahoëdrukbeweiding, op sy plaas kon laat afrond. Hulle kon daarna dié diere wat op gras afgerond is, teen volhoubare pryse verkoop. Ander lede van die gemeenskappe kon in diens geneem word vir die bou en bedryf van die waardetoevoegende geriewe vir die verwerking van produkte en gediversifiseerde ondernemings wat Fyver op sy plaas ontwikkel.

“Mense is ook ’n groot aanwins in herlewingslandbou. As plaaslike gemeenskappe regstreeks en onregstreeks voordeel uit my boerdery kan trek, en dus ’n vaste belang in die sukses van my boerdery kan hê, sal hulle meer waarskynlik bydra tot die beskerming daarvan. En as ander boere in my omgewing en elders begin saamwerk om produkte op soortgelyke maniere te produseer, sal die omvang van hierdie landelike opheffing en beskerming ook groei,” het hy gesê.

Mnr. Roland Kroon, Oos-Kaapse boer en kenner van herlewingsgrondbestuur, het dit ’n skande genoem dat veewagters van Suid-Afrika se veekuddes en troppe wat deur die gebruik van ultrahoëdrukbeweiding kan help om die land se baie verswakte landbougrond te help herstel, dikwels nog beskou word as van die onbelangrikste plaaswerkers.

“Deur toepaslike opleiding moet ons die rol van die veewagter vergroot om die belangrikste werknemer op die plaas te word. Hulle moet die rol van grondbestuurder kry. Bykomend tot hul opleiding in die laespanninghantering van vee, moet hulle geleer word hoe en waarom die manier waarop hulle vee laat beweeg, goed of sleg vir die grond kan wees.”

Fyver het met Kroon saamgestem en bygevoeg dat hy gereeld via tweerigtingradio’s met sy eie veewagters in kontak is. Hy het ook daarop gewys dat sommige boere met uitgebreide eiendomme hul veewagters in woonwaens laat woon sodat troppe en kuddes byna voortdurend bestuurstoesig het terwyl hulle wei en trek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
-0.2%
Rand - Pond
20.22
+0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,721.27
-0.3%
Silwer
20.86
-1.0%
Palladium
2,304.00
-0.8%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot