AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Herlewingslandbou kan jou help om deur moeilike tye te kom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Drakensbergers van mnr. Danie Slabbert, wat in ’n ultrahoëdrukbeweidingstelsel op sy plaas, Van Rooyenswoning, by Reitz gebruik word om die biodiversiteit van sy weiveld te verbeter. Foto: Liza Bohlmann
Drakensbergers van mnr. Danie Slabbert, wat in ’n ultrahoëdrukbeweidingstelsel op sy plaas, Van Rooyenswoning, by Reitz gebruik word om die biodiversiteit van sy weiveld te verbeter. Foto: Liza Bohlmann
Landbouweekblad se eerste herlewingslandboukonferensie van 2022 sal op 7 en 8 Maart by Reitz plaasvind.

As jy bekommerd is oor die huidige en toekomstige winsgewendheid van jou boerderybesigheid is, moet jy Landbouweekblad se eerste herlewingslandboukonferensie van 2022 bywoon. Hierdie tweedaagse gebeurtenis wat op 7 en 8 Maart by Reitz in die Vrystaat gehou word, is propvol nuttige teoretiese en praktiese inligting van internasionale en plaaslike kundiges. Die tema van die konferensie is “Troef ho? insetkoste op die natuur se manier”.

Klimaatsverandering, drastiese stygings in produksiekoste, dalende opbrengste, die groeiende vraag van verbruikers na etiese en omgewingsvriendelike produkte, en ’n magdom ander probleme plaas groot druk op Suid-Afrikaanse landboubesighede. Vir boerderye om in die toekoms te kan oorleef, moet boere hul metodes aanpas.

Talle Suid-Afrikaanse boere is versigtig om risiko’s met nuwe landboustelsels te loop of word afgeskrik deur die omvang van sulke veranderinge.

Die aanbieders op Landbouweekblad se konferensie sluit Suid-Afrikaanse en internasionale boere in wat die kommer oor die oorskakeling van konvensionele na herlewingslandboustelsels self deurgemaak het en verstaan. Hierdie boere pas herlewingslandboupraktyke suksesvol toe en ervaar reeds die finansiële, fisiese, omgewings- en selfs persoonlike voordele daarvan. Hulle wil ander help om dieselfde te bereik.

Suid-Afrikaanse boere-aanbieders sluit in die vleisbees- en gewasprodusente mnre. Danie Slabbert en DF Fyfer, wie se afsonderlike reise met herlewingslandboupraktyke goed in Landbouweekblad aangeteken is. Dan is daar mnr. Pablo Etcheberry, ’n vleisbeesboer van een van die wêreldleierlande in bewaringslandbou, Argentinië, wat sy persoonlike ervarings en die suksesvolle toepassing van ultrahoëdrukbeweiding op sy plaas sal bespreek. Uit Zambië sal die vleisbees-en-saaiboer mnr. Adrian Bignell gesels oor die suksesvolle gebruik van dekgewasse en ultrahoëdrukbeweiding.

Bestaan daar onafhanklike wetenskaplike en ekonomiese bewyse om ’n skuif na herlewingslandbou-praktyke te ondersteun? Verskeie sprekers beantwoord hierdie vraag, insluitend die internasionaal gerespekteerde dekgewasspesialis dr. Ademir Calegari van Brasilië. Mnr. Frits van Oudtshoorn, ’n graskenner van Suid-Afrika, prof. Johnnie van den Berg, ’n plaaslike entomoloog, en me. Mary Maluleke, ’n navorsingsekonoom, bied ook antwoorde.

Mnr. Thomas Strydom, ’n onafhanklike landbouraadgewer, sal raad gee oor hoe om kunsmistoedienings te optimaliseer sonder om opbrengste in te boet, en me. Ané Loggenberg van InteliGro sal praat oor aalwurms en of hul vriende of vyande in herlewingslandboustelsels is.

Om leergeleenthede, die oordrag van vaardighede en die behoud van kennis te maksimeer, sal Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie op Reitz binnenshuise teoretiese aanbiedings met praktiese demonstrasies in die buitelug en interaksies met aanbieders kombineer.

Soos Slabbert voorheen aan Landbouweekblad gesê het: “Die natuur sê vir jou wanneer jy dinge verkeerd of reg doen, en ek is regtig bly dat – al is daar nog baie meer wat ek nog kan doen – die natuur op my plaas vir my sê dat ek die regte ding doen.”

Om jou kaartjie vir die herlewingslandboukonferensie op 7 en 8 Maart 2022 te koop, besoek www.quicket.co.za en soek vir “Landbouweekblad Reitz”. Neem kennis van Media24 se covid-19-beleid vir hierdie geleentheid.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot