AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Kitsgids vir 2023 se konferensies oor herlewingslandbou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies word in Somerset-Wes, Reitz en Ottosdal aangebied.
Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies word in Somerset-Wes, Reitz en Ottosdal aangebied.
Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer. Kom steek kers op by kundiges en boere wat herlewingslandboupraktyke elke dag suksesvol toepas.

Die krisis in Oekraïne het vir die wêreld gewys hoe kwesbaar ons internasionale voedselstelsels is en hoe kospryse die hoogte in kan skiet as insette skaars raak. Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig?

Benewens die impak op ’n boer se beursie, is die wêreldbevolking aan die groei en krap boere kop oor hoe om ons huidige landbou-opbrengste te verdubbel om in die behoeftes te voorsien.

Op Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensies in Somerset-Wes, Reitz en Ottosdal neem ons hierdie en ander herlewingslandboukwessies onder die loep om jou te help om saam met die natuur te werk, want met gesonde grond kan ons tot ver in die toekoms boer.

Vanjaar gaan boere – op die Reitz- en Ottosdalkonferensie – die geleentheid kry om kers op te steek by die internasionale boer Rick Clark, ’n vyfdegenerasieboer in die Warren-distrik in Indiana, Amerika.

Ons klop ook hier onder andere aan by Frits van Oudtshoorn, ’n graskenner, GP Schoeman van Agrisol, en die boere Danie Slabbert, Pikkie Uys en Johann Zietsman wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas. 

Konferensiegangers in Somerset-Wes kan onder meer uitsien na insiggewende praatjies deur Gawie Steyn, ’n boer van Kanoneiland, oor permanente dekgewasse in ’n organiese rosyntjieboerdery; John Slabber, ’n boer van Moorreesburg, oor die voor- en nadele van geenbewerking met ’n skyfplanter deur ’n baie dik deklaag medics; en Piet Roux, ’n boer van Prieska. Plaaslike navorsing oor wintergraanstelsels en peulgewasse sal bespreek word deur dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse departement van landbou en Hanneke Augustyn, MSc-student aan die Universiteit Stellenbosch, en Jaco Engelbrecht, wat pas ’n MSc-graad aan die Nelson Mandela Universiteit verwerf het. Prof. Samson Chimphango, dosent aan die Universiteit van Kaapstad, sal die potensiaal van inheemse peulplante vir gebruik in landbou in die Wes-Kaap bespreek. Hy gaan onder meer gesels oor die spesierykdom in die Wes-Kaap, hul vermoë om stikstof te bind en dus as dekgewas gebruik te word, en hul voedingswaarde as veevoer. Die moeilike en duur pad om wilde peulplante te veredel vir gebruik as landbougewasse sal ook onder die vergrootglas kom.

’n Kaartjie vir een van die drie Herlewingslandboukonferensies sluit ook GRATIS toegang van 12 maande tot Landbou.com ter waarde van R1 800 in.

SOMERSET-WES

9 Maart 2023

Lord Charles Hotel

Koste: R950 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R800.

Klik HIER om jou kaartjie te koop.

REITZ

13 en 14 Maart 2023

Reitz-skouterreinR57/Sarel Cilliersstraat

Koste: R1 850 per persoon. Bespreek vroeg en betaal R1 600.

Klik HIER om jou kaartjie te koop.

OTTOSDAL

16 Maart 2023

Ottosdal-skouterrein

Swartstraat

Koste: R750 per persoon.

Klik HIER om jou kaartjie te koop.

Rig navrae aan events@landbou.com.

Landbouweekblad se drie konferensies – Reitz, Ottosdal en Somerset-Wes – word aangebied in samewerking met die Riemland Studiegroep, die Ottosdal-geenbewerkingsklub, Soil Health Support Centre, ASSET Research en die Mielietrust.

Herlewingslandboukonferensie

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot