Dit blyk uit die eksperimente wat dr. Sue Milton en studente van die Nelson Mandela-universiteit sedert 2016, gedurende van die ergste droogtes in die Karoo, in die Wolwekraal-natuurreservaat by Prins Albert uitgevoer het.
Milton en mnr. Ken Coetzee van Conservation Management Services het daaroor geskryf in Grassroots, die aanlyn bulletin van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika. Volgens hulle is die konsentrasie van beskikbare water deur holtes in die grond te maak, die beste manier om plante op kaal grond te vestig.
Die holtetjies moet in verhouding met mekaar gegrawe word sodat enige afloopwater vasgevang kan word. Waar die holtetjies op skuins grond is, moet daar “krae” op die rante aan die onderkant gemaak word om water te behou. Die holtes se diepte hang af van die tekstuur van die grond waarin dit gemaak word.