Wes-Kaapse graanboere kry elke jaar in Augustus ’n inspuiting van planne, insigte en energie wanneer internasionale kenners en medeboere hul kennis op die Bewaringslandbou Wes-Kaap Jack Human-bewaringsweek oordra.
Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) is in 2011 gestig en die eerste konferensie is in 2013 gehou. Die gebruik om plaaslike én internasionale sprekers te kry, is van die begin af gevolg en die afgelope nege jaar het talle van die wêreld se voorste bewaringslandboukundiges boere kom toespreek.
Hoewel baie boere daarvan hou om na die groot internasionale name te luister, het elke spreker hom al geïnspireer, maar nie elke spreker het vir hom waarde toegevoeg nie, sê mnr. MG Lötter, boer van Caledon en voorsitter van BLWK.