
Altesaam 650 mense van 124 lande is by die konferensie byeen.
Die tema van die konferensie is “Wetenskap as ’n basis vir die volhoubare gebruik en bewaring van biodiversiteit in die grond”. Landbou.com en Landbouweekblad sal van vandag af daaroor berig.
Ander temas sluit in die faktore wat veranderinge in grondbiodiversiteit aandryf, grondbiodiversiteit van volhoubare landbou en die wisselwerking tussen bogrondse en ondergrondse organismes. ’n Werksessie om grondbiodiversiteit te “meet”, word ook gehou tydens die konferensie wat van 13 tot 15 Maart plaasvind.
Die konferensie oor grondbiodiversiteit is ’n uitvloeisel van die stigting van die wêreldinisiatief vir grondbiodiversiteit (GSBI) wat in 2011 gestig is. Die GSBI probeer om grondbiodiversiteitsbeleid op te stel en die ontwikkeling van die wetenskap van die enorme biologiese diversiteit in grond te versnel.
Hoewel min sprekers van Suid-Afrika die konferensie bywoon, tree prof. Don Cowan van die Universiteit van Pretoria vanmiddag as een van die hoofsprekers op.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.