Om die bedreigings by te lê, is begrip en kennis van grondekologie noodsaaklik, het prof. Thomas Crowther, hoof van die Crowther-laboratorium by die Switserse federale instituut vir tegnologie (ETH) in Zürich, Switserland, by die afsluiting van die wêreldkonferensie oor grondbiodiversiteit in Dublin, Ierland, gesê.
“Grondekologie onderlê klimaatsverandering en ’n verlies aan biodiversiteit omdat dit die grootste aardse voorraad van koolstof én die grootste groep van biodiversiteit op aarde verteenwoordig.
“As ons probeer om dié globale bedreigings sonder ’n basiese begrip van grondekologie te takel, mis ons die beginpunt.”