
Die dag wat op Woensdag 21 September op die plaas Welgemoed by Beaufort-Wes gehou word, word gereël deur Conservation@Work, LandCare en die trust vir bedreigde dierelewe.
Dit begin om 09:30 vir 10:00.
Me. Carina du Toit Becker, voorsitter van Conservation@Work, sal die boeredag open. Sake wat bespreek sal word, sluit in die bekendstelling van die Koup SMA (spesiale bestuursgebied) deur mnr. Sakkie du Toit en terugvoer van boere oor hul projekte en hoe hulle organiseer.
Me. Danielle du Toit van die trust vir bedreigde dierelewe sal praat oor die Karoo-aasvoëlbewaringsgebied, ’n projek om Kaapse aasvoëls te bewaar. Daarna sal ’n praatjie oor holistiese bestuur volg.
Ná die praatjies sal die erosiestrukture en omheiningsprojek in die veld besoek word.
Bespreking is noodsaaklik. Kaartjies kos R50 vir lede van Conservation@Work en R100 vir nie-lede. Dit sluit die dag, koffie en tee en ’n braai in.
Bespreek voor of op 12 September deur jou naam, van, e-posadres en tel.nr. aan conservation.at.work@gmail.com te stuur.
Verblyf kan by Welgemoed bespreek word: kontak mnr. Sakkie du Toit by sakkie@breede.co.za of 083 229 7508, of op die plaas Rooiheuwel: e-pos flip.marge.vivier@gmail.com of 086 387 6699.
Navrae: WhatsApp 078 084 0823.