AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Limpopo oorgehaal vir wins van herlewingslandbou

akkreditasie
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Limpopo se vrugteboere gaan dié winter ’n herlewingslandbou-studiegroep stig met die doel om meer winsgewende, volhoubare praktyke te ondersoek.

Limpopo se vrugteboere gaan dié winter ’n herlewingslandbou-studiegroep stig met die doel om meer winsgewende, volhoubare praktyke te ondersoek.

Landbouweekblad het in die week van 10 Mei met subtro­piese-gewas- en sitrusboere in Limpopo se Laeveld gesels oor maniere om kennnis, navorsing en ervarings rondom herlewingslandbou-praktyke op ’n gestruktureerde manier onder mekaar uit te ruil.

Dié gesprekke volg op die suksesvolle herlewingslandbou-­studiegroepe wat Landbouweekblad die afgelope twee jaar saam met boere in Grabouw, Citrusdal en Vredendal op die been gebring het.

Die belangstelling was oorweldigend en Johan van der Merwe van Landbouweekblad moes op sy voete dink toe hy kort ná die eerste vergadering gevra is om dieselfde middag boere van Tzaneen se avokado-­studiegroep toe te spreek.

“In die Wes-Kaap het ons met boere begin gesels wat reeds só saam met die natuur boer dat hulle al kon sien hoe herlewingslandboupraktyke hul grond­gesondheid begin verbeter en hulle in ’n gemeenskap saamgetrek het waar hulle inligting begin uitruil. Elke boer kon die lesse wat hy leer, met ander boere bespreek, wat beteken dat drie boere wat met mekaar inligting uitruil, in een jaar net soveel leer soos wat een boer oor drie jaar sou leer. Die vordering vind dus heelwat vinniger plaas,” sê Van der Merwe.

Boere het dit van meet af duidelik gemaak dat hulle net by só ’n inisiatief betrokke sal raak as die landboupraktyke wat onder­soek en bespreek word, ekonomies volhoubaar is en nie verg dat hulle produksie of wins moet inboet vir sogenaamde “groen” status nie.

Dít, sê Van der Merwe, is waar­skynlik die belangrikste bestanddeel van Landbouweekblad se herlewingslandbou-inisiatiewe: Die eendersdenkendheid van die deelnemers wat saam struikelblokke in hul onderskeie be­drywe identifiseer en saam werkbare oplossings soek.

Mnr. Andries Bester van Subtrop sê dit is nie net voorgeskrewe minimum residuvlakke, wat deur uitvoerlande voorgeskryf word, wat plaaslike boere dwing om na meer omgewingsvriende­like boerderypraktyke te soek nie. Dit is die moderne verbruikers wat supermarkte se aankopers dwing om hoër standaarde vir gesonde vars produkte te stel.

“In baie opsigte is hul vrese vir chemikalieë ongegrond en onrealisties, maar as ons ons produkte aan hulle wil verkoop, moet ons maniere kry om vir hulle te bied wat hulle wil hê.”

Die eerste Landbouweekblad-herlewingslandbouboeredag vir Limpopo se Laeveld word vir die einde van Augustus by Letsitele beoog. Hou Landbou.com dop vir inligting rondom die plek en spesifieke datum. Boere wat meer wil uitvind, kan Jasper Raats, Landbouweekblad se Limpopo-skrywer, kontak by tel. 083 539 1383 of e-pos jasper.raats@landbou.com.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot