Een van die talle voordele van hoër vlakke van organiese mate- riaal in die grond is dat dit die vraag na kunsmis, veral na stikstof (N), verminder. Die onlangse skerp stygings in kunsmispryse (sien grafiek 1) het opnuut die kollig laat val op die doeltreffende gebruik van dié inset.
In dié artikel ondersoek ons die verwantskap tussen die vlakke van organiese materiaal in die grond en gewasse en weiding se N-vereistes.
In vorige artikels het ons die aandag gevestig op die reusewaarde van organiese materiaal in die grond, en gekyk na die faktore wat die vlakke hiervan in die grond beïnvloed.