Die klem dáárop vereng egter die werklike bydrae van peulgewasse, het me. Marie Schaedel, ’n doktorale student aan die Universiteit van Minnesota, Amerika, op die Global Soil Biodiversity Initiative (www.globalsoilbiodiversity.org) se blog geskryf.
“Die meeste navorsing oor peulgewasse tot dusver is daarop gerig om die produksie van plantmateriaal en die hoeveelheid stikstof wat gebind word, te verhoog.
Dié eng klem het die getal gekweekte peulgewasspesies, die verskeidenheid endosimbionte wat met wortelknoppe verbind word, asook die ekostelselvoordele wat uit biologiese stikstofbinding verkry kan word, beperk.”