Dít was die boodskap van dr. Douglas Edmeades, ’n Nieu-Seelandse grondwetenskaplike en landboukonsultant, wat virtueel deelgeneem het aan die onlangse Large Herds-konferensie by die Champagne-sportoord in KwaZulu-Natal. Edmeades was betrokke by litigasie teen ’n groot biologiese kunsmisonderneming in sy tuisland.
Edmeades en dr. Jacqueline Rowarth, ook van Nieu-Seeland, het boere gemaan om nie toe te laat dat pseudowetenskap die werklikhede van verskeie sogenoemde produksiekwessies verdraai en hulle oorreed om onbewese of teenproduktiewe oplossings daarvoor na te jaag nie.
Volgens Edmeades is van die oplossings wat vir dalende grondproduktiwiteit voorgehou word, “kwaksalwer”- vloeibare kunsmisstowwe wat gewoonlik van natuurlike bestanddele soos seewier, visse, diere of plante vervaardig word.