Kommersiële bio-inokulums wat straal- of akinobakterieë soos Streptomyces-spore bevat, kan waardevol vir kwekerye, hidroponiese stelsels en landerye wees. Verskeie soorte word reeds wêreldwyd bemark as poeiers, vloeistofsuspensies, korrels of semi-soliede jels.
Dit word aangewend as ’n weekmiddel vir grond of saailinge, saadbedekking of as bogrondse besproeiing. Hul raklewe hang af van die draer of medium se eienskappe. Droë inokulumpoeiers se raklewe is tipies een tot twee jaar.
Dit is belangrik dat die bio-aktiewe spore in ’n inokulum oor tyd heen behoue bly as dit vir landboukundige doeleindes gebruik word. Streptomyces- inokulumprodukte moet voldoende voedingstowwe bevat en bio-aktiewe spore beskerm sodat dit metabolies aktief kan bly oor langer tydperke.