
Vanjaar se Jack Human-bewaringslandbouweek vind op 2 en 3 Augustus plaas en word deur BLWK, die Soil Health Support Centre, die Suid-Afrikaanse wintergraan-bedryfstrust (SAWCIT) en Landbouweekblad aangebied.
Die tema van die konferensie is “Bewaringslandbou: waardetoevoeging deur ervaring en navorsing”.
Die lesingsdag word op 2 Augustus op Nooitgedacht-landgoed, Stellenbosch, aangebied.
Die internasionale sprekers is prof. Stuart Grandy van die Universiteit van New Hampshire in Amerika oor mikrobes, organiese materiaal en stikstofvrystelling, en dr. Chloe MacLaren van Rothamsted Research in Brittanje oor die impak van 30 langtermynproewe reg oor die wêreld en wat dit vir die Wes-Kaap beteken.
Dr. Angela Van de Wouw van die Universiteit van Melbourne, Australië, gaan oor swartstamnavorsing en praktiese wenke vir kanolaverbouing praat.
Konferensiegangers gaan ook van plaaslike boere en navorsers se ondervinding met bewaringsboerdery hoor.
Mnre. Pieter en Pieter Janse Gildenhuys van Heidelberg gaan praat oor die bewaringslandboupad wat hulle al vir meer as 30 jaar stap. Mnr. Hannes Botha, ’n mielie-en-veeboer, gaan vertel hoe hy minder insette gebruik.
Dekgewasse
Produsente oor ’n wye spektrum van gewasse deel hulle ervarings, waarnemings en praktiese raad oor dekgewasse. Hulle gaan praat oor waar hulle tans staan en wat hulle anders wil doen namate hulle vorentoe beweeg. Die sprekers is:
· Jan du Toit, De Straadt Boerdery, Koue Bokkeveld (appels).
· Neville van Buuren, Oak Valley Landgoed, Grabouw (appels).
· Craig Johnson, Nidderdale-plaas, Caledon (appels).
· Drikus Mouton, Swartvlei Boerdery, Citrusdal (sitrus).
· Niel Kirsten, JDK Keurfontein, Paarl (tafeldruiwe).
· Jani Burger, Universiteit Stellenbosch (US), dekgewasse by appels en pruime.
· Daan Brink, Fruitmax Agri, basiese beginsels van dekgewasse in boorde.
Praktiese dag
’n Praktiese dag word op 3 Augustus op die Tygerhoek-navorsingsplaas by Riviersonderend aangebied.
Daar sal ’n bespreking oor die Eureka-klimaatslimlandbouprojek wees en die volgende proewe kan daarna besigtig word:
- Wes-Kaapse departement van landbou, RealIPM en AB-Inbev se nuwelewe-herlewingslandbouproef.
- Saad- en invoorbehandeling by koring, kanola en gars (RealIPM).
- Kanola-swartstambespuitingsproef en praktiese wenke.
- Lusernkultivarproef op droëland.
- Stikstofbinding deur verskillende peulplantsoorte.
- Dekgewasse as weiding.
Bespreek op Quicket by https://www.quicket.co.za/events/177732-blwk-jack-human-bewaringslandbouweek-2022-cawc-jack-human-conservation-agricult/ of https://qkt.io/BLWK2022.
Navrae: Program: Dr. Johann Strauss, JohannSt@elsenburg.com; kaartjies en fakture: mnr. Clint Ockhuis, Clint.Ockhuis@media24.com