Nou is Alice terug — vars en uitgerus vir die volgende stel rubrieke oor hoe die natuur ingespan kan word om goedkoper en lekkerder te boer!
Die oplewing in bewaringslandbou en die inspan van natuurdienste in ons boerderye word hoofsaaklik aangedryf deur wat in die wêreld om ons aangaan. Die koste van kunsmis en ander grondstowwe, diesel en meganisasie skiet alles die hoogte in vanweë wat in Oekraïne en elders gebeur.
Dan is daar ook die toenemende bekommernis oor aardverwarming en die verlies aan grond weens erosie, wat ook bydra tot diep nadenke oor hoe ons boer. Dit alles het my net weer laat besef hoe groot die verantwoordelikheid is wat op boere se skouers rus, en die wonderlike voorreg wat ons het om eintlik saam met die natuur te kan boer.