AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Absa en John Deere vier R1 miljard

’n Ooreenkoms in batefinansiering tussen Absa en John Deere Financial het die kerf van R1 miljard bereik.

Sowat sewe jaar ná Absa se Voertuig en Kommersiële Batefinansiering en John Deere Financial ’n samewerkingsooreenkoms aangegaan het, het dié alliansie mark verwagtinge oortref deur die R1 miljard-kerf verby te steek.

Dié mylpaal van finansiële transaksies is bereik ten spyte van die moeilike markomstadighede wat die landbousektor ondervind.

Die prestasie word aan die werk van ’n hoogs gemotiveerde span en die unieke finansieringsopsies wat aan kliënte gebied word, toegeskryf. Mnr. Wessel Steffens, hoof van Absa Voertuig en Kommersiële Batefinansiering, sê John Deere se boek verteenwoordig die minste waardedalings in die bate gebaseerde omgewing.

Minste wanbetalings
Die boek se goed saamgestelde rekeninge het ook die minste wanbetalings, en dit verteenwoordig meer as 45% van die markaandeel van batefinansiering, met kontant wat die volgende mededinger is. “Dit is ’n bewys van ons vermoë om die landboubedryf by te staan met finansiering wat hulle in staat stel om hulle ondernemings te groei en sodoende ’n positiewe bydrae in die Suid-Afrikaanse ekonomie te lewer,” aldus Steffens.

Mnr. Len Brand, besturende direkteur van John Deere, sê hulle is baie opgewonde oor die resultate wat die samewerking oplewer. Hy het tydens ’n bekendstelling- en vieringsfunksie in Johannesburg gesê dié geleentheid is ’n viering van “super sterre” in die landbou- en finansieringsbedryf.

Volgens Brand werk die spanne wat betrokke is by die alliansie baie goed saam deur mekaar se sterk punte uit te bou en mekaar se swak punte op te bou. “Ons ken mekaar tans so goed dat ek dink die R2 miljard-merk is binne ons bereik.”

Brand sê oor die algemeen word verwag dat verkope van landboumasjinerie in 2013 gaan daal in vergelyking met 2012 se syfers. Hy sê John Deere is egter vol vertroue dat sý verkope ’n toename in 2013 sal aanteken.

Foto hieronder:
Mnre. Hein Mienie en Len Brand van John Deere en Wessel Steffens hou ’n trofee van die mylpaal vas.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.29
-1.2%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.79
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,893.83
-1.0%
Silwer
23.13
-1.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,755
+0.2%
Alle aandele
79,867
+0.1%
Hulpbronne 10
74,546
-0.2%
Industriële 25
103,167
+0.5%
Finansiële 15
16,504
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot