Hoewel die koste van net hoër as tou is, hou dit meer voordele in omdat die kapasiteit drasties verhoog aangesien die baler die baal soveel vinniger bind. Op lang termyn is daar ook minder slytasie.
Die baler is deel van ’n reeks werktuie wat deur Maschio Gaspardo in Italië vervaardig en deur Argo SA ingevoer word, wat ook Landini- en McCormick-trekkerreekse invoer. Vastekamerbale is bekend om hul sagte kern en harde buitekant wat voorkom dat die voer vrot wanneer die bale nat word.
Hulle kan ook met gemak met ’n voorlaaier wat voorop ’n trekker gemonteer is, hanteer word. Die voordeel van só ’n baler teenoor ’n veranderlikekamerbaler (wat bale van verskillende deursnee vorm) is laer onderhoudskoste, want daar is geen bande wat kan slyt of beskadig word nie.