AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Baie te leer by Brasiliane

Werktuie wat vir kleinskaalse boerderye in Brasilië ontwikkel is kan kleinboere in Suid-Afrika ook help.

Werktuie wat uitsluitlik vir kleinskaalse boerderye in Brasilië ontwikkel is met die oog op verminderde bewerkingspraktyke het al beduidend gehelp om hul landboupotensiaal te ontsluit. Landboukundiges meen dit kan ook kleinboere in Suid-Afrika op die pad na selfvoorsiening plaas.

Een van die grootste uitdagings binne die landbou vandag is om verdigting te verhoed. Nie die verdigting wat met grond vereenselwig word nie, maar die verdigting in die denkpatroon van boere, navorsers en politici. As dit verander kan word, wag daar blink geleenthede vir die hele land.

Só sê mnr. John Allwood, hoofdirekteur van tegniese dienste in die departement van landbou in die Oos-Kaap. Hy het Brasilië onlangs besoek en meen waardevolle lesse kan van dié land se mense geleer word wat bewaringsboerdery betref. Hulle het die voortou geneem op die gebied van verminderde bewerking en eenvoudige, doeltreffende, trekdierwerktuie vir dié doel ontwikkel.

Op die landbougebied is daar talle ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Brasilië. Brasilië het ook 'n groot aantal bestaansboerderye. "Van die 25 miljoen hektaar wat daar bewerk word, is een miljoen hektaar in die landelike dele waar verstommende resultate met lae produksiekoste behaal word."

Hy sê die Suid-Amerikaners het oor die afgelope 40 jaar baanbrekerswerk gedoen om te keer dat miljoene kubieke meter grond weens erosie verlore gaan. "Die regerings dáár bestee nie, soos Amerika, Kanada en Europa, reuse-bedrae aan landbousubsidies nie, maar probeer om eerder deur middel van lae produksiekoste met die groter lande mee te ding."

'n Paar innoverende boere in Chili, Brasilië en Argentinië het reeds in die vroeë 1970's met geenbewerking begin eksperimenteer. Dit het egter meer as twee dekades geduur voor dié praktyk werklik begin posvat het. "Nou word dit met soveel welslae toegepas dat verskeie banke in die Suid-Amerikaanse state vandag slegs bereid is om geld aan die landbou beskikbaar te stel as bewys kan word dat bewaringsboerdery toegepas word."

Allwood meen talle van die beginsels wat daar toegepas word, kan met goeie gevolge in Suid-Afrika gebruik word. Talle bestaansboere, veral dié in die kommunale dele van die Oos-Kaap, vestig hul hoop op die staat om met die bewerking van grond te help. Maar, beklemtoon Allwood, dit is belangrik dat dit met die kleinste risiko en kapitaaluitleg gepaard moet gaan.

Een manier om dié doelwit te bereik, is om geenbewerkingspraktyke aan te moedig. "Hierdie praktyke verminder die risiko ten opsigte van erosie en klimaat. Die vermeerdering van die biomassa en koolstof in die grond verseker dat landerye minder kwesbaar in droogtetye word. Water- en winderosie op dié landerye word ook beperk in vergelyking met lande wat seisoen ná seisoen volgens die tradisionele metodes bewerk word."

In die afwesigheid van onkruid- en plaagdoders was die omdolwe van grond die enigste manier om beter ontkieming en 'n groter oes te verseker. "Met die koms van die chemiese middels het sake egter verander en is minimumbewerking vandag 'n aantreklike alternatief."

Hy sê talle opkomende boere het hul eie trekkers en verkies om self hul landerye te bewerk. Ander staan bra skepties oor die rol wat trekdiere in landbou-ontwikkeling kan speel. Daar is selfs politici wat dit al as 'n terugwaartse stap bestempel het.

Navrae deur sy departement oor watter soort hulp benodig word, word gewoonlik begroet met 'n refrein dat dit in die vorm van trekkers moet wees. By nadere ondersoek blyk dit dat mense eerder behoefte het aan hulp met die voorbereiding van landerye. "Talle boere skram weg van die verantwoordelikheid om 'n trekker in stand te hou."

Kleinboere wat nie werktuie kan bekostig nie, word aangemoedig om hul lappies landerye in blokke van 50 ha te verpoel. Die hulp van kontrakteurs in die private sektor word dan ingeroep om die lande te bewerk. Dit bring mee dat boere wat grond vir dié doel beskikbaar stel, kan deel in die voordele van meganisasie.

Daar is egter ook mense wat 'n stukkie grond én 'n paar osse het. Sulke boere kan aansienlik baat vind by die Brasiliaanse werktuie. "Dit is eenvoudig aanmekaar gesit, robuus en uiters geskik vir geenbewerking. Dit kan deur trekkers of trekdiere, soos osse, muile en perde, gesleep word."

Allwood meen dit sou naïef wees om die Brasiliaanse model net so na Suid-Afrika oor te dra. Dit is omdat die kultuur van die inwoners en die toestande waarin daar geboer word, hemelsbreed verskil. Daar is egter ook ooreenkomste.

Die toerusting wat deur die Oos-Kaap se departement van landbou gekoop is, sal in plaaslike toestande getoets word. Van die tien stelle werktuie wat ingevoer is, sal een stel aan die Trekdiersentrum by die Universiteit van Fort Hare onder leiding van prof. Bruce Joubert beskikbaar gestel word. Dié sentrum doen baanbrekerswerk met die benutting van trekdiere. Dit is in 'n landelike gebied geleë en die navorsing is praktykgerig.

Allwood glo dat die Oos-Kaap se volle landboupotensiaal nog nie naastenby ontsluit is nie. Na raming is sowat 1 miljoen hektaar in dié provinsie geskik vir somergewasse. As in ag geneem word dat op bykans 600 000 ha van dié grond meer as 600 mm reën per jaar val, is dit duidelik dat mielieproduksie hier aansienlik kan toeneem.

Slegs sowat 85 000 ton mielies word nou per jaar geproduseer. Die verbruik is reeds meer as 650 000 ton per jaar. "As ons die dag selfvoorsienend kan wees, sal dit 'n reuse-deurbraak vir die landbou wees."

Werktuie het beïndruk

Met die bekendstelling van 'n aantal Brasiliaanse werktuie by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap, het die aanwesiges na hul asem gesnak.

Een van die arms van die splinternuwe spuitwaentjie wat gedemonstreer is en deur twee osse getrek is, het met 'n harde slag 'n paal in die pad getref. 'n Veiligheidsknip het losgegaan en die arm het doodluiters na agter geswaai sonder enige skade aan die werktuig. "Ja", het een van die omstanders opgemerk, "hierdie is 'n werktuig uitgeknip vir Afrika."

Onder die talle nuwe werktuie vir minimumbewerking wat die oog getref het, is 'n lemroller waarmee oesreste fyngesny word, 'n tweeryplanter met drukwiele en 'n Machakos-saadplantertjie waarmee mielies en groentesaad ingeboet kan word.

Prof. Bruce Joubert van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit van Fort Hare, onder wie se leiding die Trekdiersentrum elf jaar gelede tot stand gekom het, sê uitstekende resultate is die afgelope paar jaar behaal. Gewasse word uitsluitlik met behulp van trekdiere en hande-arbeid verbou.

By die navorsingstasie is 'n netto jaarlikse inkomste van R49 079 op slegs 1,7 ha grond onder besproeiing gegenereer. Dié inkomste is met behulp van drie werkers, drie osse, 'n ligte donkie- en skoffelploeg, eg en klein besproeiingstelsel behaal.

Hy meen die feit dat die Brasiliane voortgaan om werktuie vir trekdiere te ontwikkel en dit geredelik beskikbaar is, is 'n aanduiding dat wêreldwyd 'n oplewing in die belangstelling na dierekrag is.

Die slypskole in die benutting en versorging van trekdiere wat by die sentrum aangebied word, is gewild en lok jaarliks groot buitelandse belangstelling. 'n Opname in 1994 het getoon dat 60 % (400 000 boere) in die landelike gebiede in Suid-Afrika trekdiere vir landboudoeleindes in die een of ander vorm benut.

(Foto hiernaas: 'n Toediener vir kleinskaalse gebruik, wat ook nie deur 'n trekker getrek word nie. Foto: THEUNS BOTHA)

In die Oos-Kaap het 67 % van die boere wat ondervra is, osse gebruik om hul landerye te bewerk en net 12 % perde, muile en donkies. In die noordelike provinsies en woestynagtige dele van die land is veral donkies gewild in die bewerking van landerye en word hulle ook as vervoermiddel ingespan. "Al hoe meer vooraanstaande kommersiële boere span ook perde in om met ligte werk te help," sê prof. Joubert.

27 Februarie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot