AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Bekostigbare selfvoerder maak lewe maklik

Die konvensionele motorband-voerbak het té veel tekortkominge gehad volgens 'n skaapboer wat eerder iets sal maak as om dit te koop.

Hy was keelvol vir lammers wat in

voerbakke klim. Boonop was die

vermorsing wanneer die voerpille

nat reën ook vir mnr. Hannes

Esterhuyse van die plaas Sandtuin naby

Williston een te veel.

Esterhuyse se lewensfilosofie is dat wanneer

iets self gemaak kan word, mag dit nie

gekoop word nie. Om die probleem met die

voerbakke - wat gewoonlik ou, omgedopte

motor-buitebande met 'n plaatbodem is

- op te los, het hy sowat vier jaar gelede self

met die antwoord vorendag gekom.

"Met die heersende droogte in die Wes-

Karoo was ek maar deurentyd aan die planne

maak om die voer van skape so maklik,

goedkoop en doeltreffend moontlik te probeer

doen. Ek het reeds 'n paar jaar gelede

kruiphokke met baie groot welslae begin

gebruik," vertel hy oor sy boerdery.

"Iets het egter geskort in die kruiphok

- 'n doeltreffende selfvoerder teen 'n bekostigbare

prys."

Die motorband-voerbakke het goed gewerk,

maar 'n paar ernstige tekortkominge

het Esterhuyse bly pla.

"Die lammers het in die bakke geklim en

in die voer gemis en dan wil hulle dit nie N

vreet nie," sê hy.

Ander hoofbrekens was dat die veevoerpille

binne 'n dag "vaal gebrand"

word deur die fel Karoo-son. Dit het veral

in kampe gebeur met twee suipings, want

die skape bly soms vir 'n dag of twee by een

waterpunt. Die pille bly dus nie vars nie.

Esterhuyse het ook nie van die onnodige

vermorsing gehou wanneer 'n onverwagse

reënbui oor vol voerbakke uitsak nie. Voëls

sien ook die voerbakke as 'n lekker spens

waar hulle gereeld kom smul.

"My voerder is dus uit nood gebore. Ek

was op soek na 'n patent wat die lammers

se voete uit hul kos hou, die pille vars hou

en in die geval van reën, verliese so ver

moontlik beperk," sê hy.

Dit is 'n algemene gesig in hul omgewing

dat boere gaatjies onder in 'n ou

drom maak en dan die drom op 'n vragmotorband

vasmaak. Dié selfvoerder-patent

werk goed,maar dit het Esterhuyse nog nie

tevrede gestel nie.

"Dit is 'n groot, lomp, lywige stuk ding.

Boonop lê te veel pille nog buite en word

hulle dan aan die son en reën blootgestel."

Daar bly ook altyd 'n persentasie van

die pille in die drom oor wat oud en onsmaaklik raak."

Om dié swaar drom om te keer en skoon te maak, is nie 'n maklike

taak nie.

"In die geval van reën is die verliese groot omdat 'n groot hoeveelheid

pille reeds uit die drom en in die voerbak is."

Hy het bietjie kopgekrap oor die patent en besluit daar is tóg verdienste

in, dit kort net 'n paar aanpassings.

"Ek het die patent omgedraai en in plaas van die pille na buite te

voer, is 'n tregter in die drom geplaas en die pille na reg onder die

drom in 'n motorband-voerbak gevoer," verduidelik hy.

Dit het so te sê ál sy probleme opgelos.

'n Spasie van sowat 200 mm word tussen die drom (sommer 'n

ou oliedrom, hoewel dit deesdae nogal moeilik is om in die hande te

kry) se onderkant en die motorband-bak se bokant gelaat. Die lammers

kan dus nie inklim en hul voer bemors nie.

Dié opening is verstelbaar, maar volgens Esterhuyse is 200 mm

die ideale grootte.

"Dit is groot genoeg vir die groter skape, en klein genoeg sodat

die lammers nie kan deurklim en in die kos mors nie.

"Hoe kleiner daardie opening, hoe minder pille lê in die bak. Die

ideaal is dat daar so min as moontlik pille in die bak lê en die lammers

die pille as't ware uit die tregterpyp vreet," sê hy.

Só bly die pille ook altyd vars. En aangesien die pille onder die

drom gevoer word, is dit vir 'n groot deel van die dag in die drom se

skaduwee en sodoende beskerm teen die son.

"Ek probeer dus om die tregter só te stel dat daar so min moontlik

pille in die bak is. In die geval van 'n reënbui is die verlies nie

so groot nie. Die uitvloei van die pille kan ook heeltemal gekeer

word met die verstelbaarheid van die tregterpyp indien reën voorspel word.

Die voerbak kan nou heel leeggemaak word en sodoende

enige verlies van pille verhoed."

Esterhuyse sê sy vernuftige patent se geheim lê in die tregter.

"Ek maak dit deur 'n plat yster van 25mm x 3mm rond te buig in

die binnekant van die drom. Hierdie ring word dan deur 4 stukkies

plat yster van 25mm x 3mm x 250mm aan 'n 101,6 mm-pyp van

300mm vasgesweis."

Dit word met fyn ogiesdraad oorgetrek en uiteindelik met glasvesel

bedek. Om die pyp kom 'n groter, los pyp om dit in die bak

verstelbaar te maak.

"Dit is nogal moeite, maar dan het jy minstens 'n duursame patent,"

sê hy.

Die tregter word onder in 'n ou drom vasgesweis en drie bene

(40mm x 40mmx 3mm hoekyster) word aan die drom vasgesweis.

Die motorband-bak word hieraan vasgebout.

Die gesegde dat as jy vandag spaar, sal jy môre hê, het beslis op

Esterhuyse betrekking. Die oliedrom se bodem en deksel word nie

weggegooi nie, maar vir die motorband-bakke se bodems ingespan.

Dit werk goed op 'n gewone 356 mm-band wat aan die een kant oopgesny,

maar nie omgedop is nie. Die plaat kan net bo-op vasgebout

word.

"Vir die bak werk 'n omgedopte 215mm x 381mm-band die

beste. Die 381 mm-band gee daardie ekstra bietjie vreetspasie bo die

356 mm-band. Bande wat breër is as 215 mm maak die bak te diep

en maak dit moeilik vir klein lammertjies om die pille by te kom,"

verduidelik hy.

Hy kla dat sy selfvoerder wel één beperking het, en dit is 'n gebrek

aan vreetspasie.

"Ek het egter al ongeveer 100 lammers in een trop met 'n voerder

gevoer. Dit beteken maar net dat die voerder meer gereeld volgemaak moet

word. Die drom hou ongeveer 120kg tot 130kg pille."

Esterhuyse sê daar staan meer as tien van die selfvoerders in

Sandtuin se skaapkampe. Dié nuttige patent het sy lewe aansienlik

makliker gemaak - teen 'n skrale R160 per drom. Dit is al wat die

materiaalkoste (die drom uitgesluit) hom uit die sak jaag, sê hy. Hy

moes al talle van die selfvoerders vervaardig en sit dit teen R450 van

die hand.

Was dit moeilik om dié patent te ontwerp?

"As jy weet waarnatoe jy werk, is dit nie moeilik nie. Ál wat nogal

moeilik was, was om die afstande en hoogtes en die grade waarteen

die tregter afloop, reg te kry."

Landbouweekblad, 2 Mei 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
+0.9%
Rand - Pond
22.32
+0.5%
Rand - Euro
19.76
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.18
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
987.23
+0.2%
Palladium
1,436.05
-0.5%
Goud
1,983.38
+0.7%
Silwer
23.11
+0.6%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,008
+0.4%
Alle aandele
75,512
+0.4%
Hulpbronne 10
65,093
-1.0%
Industriële 25
102,550
+0.8%
Finansiële 15
15,404
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot