Die Trekkerwerf-webwerf, waar 'n mens trekkers en ander werktuie kan adverteer of dié advertensies kan besigtig, is stadig maar seker besig om meer lewe te kry.
Dié Landbouweekblad-inisatief is op 1 Oktober 2008 van stapel gestuur en die besoeksyfers van die afgelope maand (9 Januarie tot 8 Februarie) is: 1 316 besoekers het die webwerf besoek en altesaam 10 354 bladsye is gelees. Die besoeke aan die webwerf het gemiddeld sowat vier minute geduur.
'n Advertensie op www.trekkerwerf.co.za kos slegs R70 (BTW ingesluit) en elke advertensie word 'n maand lank vertoon.
Een van die adverteerders, mnr. Willem Myburgh van Klerksdorp, het gesê hy het al verskeie navrae gehad vir die trekkers wat hy op Trekkerwerf adverteer.
9 Februarie 2009