
Promosie-artikel:
‘n Nuttige webwerf waar gebruikers ‘n wye reeks van hardeware kan bestel, het pas die lig gesien.
www.boman.co.za is ‘n webwerf waar jy al jou gereedskap kan koop en gerus kan wees dat die bestelling die volgende dag by jou huis of werksplek sal aankom.
Boman Hardware spits hom toe op uitstekende diens en boonop kan mense die beste pryse en ‘n verbasende verskeidenheid op dié webwerf verwag. Net ‘n paar muisklikke is al wat nodig is om te bestel. Nou hoef jy nie meer in die motor te spring en te hoop dat die naaste hardewarewinkel die betreokke gereedskapstuk in vooraad het nie. Bestel net met jou vingers!
Die beste van alles is dat mense in groter dorpe en stede hulle aflewering die volgende dag kan verwag; sommige plekke neem soms ‘n dag langer. Nou kan jy op die bouprojek kosentreer terwyl ons jou gereedskap aanry.
Betroubare handelsmerke soos Fein (uitvinder van die boormasjien), Makita, Bosch, Dremel, Rust-Oleum, Kärcher, Dewalt en Festool is beskikbaar. Volledige tegniese aspekte en spesifikasies is beskikbaar vir al ons produkte - klik net op die produk op die webwerf.
Meer as net gereedskap is beskikbaar, want elke dag voeg Boman meer produkte by, soos gom, boorpunte, verf, ensovoorts.
Koop op die webwerf of skakel in met jou bestelling - dis só maklik. Boman Hardware is ‘n ‘One Shop’ vertroude webwerf wat beteken dat u met gemoedsrus kan koop. Boman Hardeware is jou punt van aankope en naverkoopdiens indien jy dit sou nodig kry.
23 Februarie 2010