AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Boer bou sy eie spilpunte

Probleme met spilpunte het 'n boer laat besluit om sy eie stelsels te vervaardig.

Probleme met spilpunt-besproeiingstelsels, soos stelsels wat nie in al sy behoeftes voldoen nie of nie gou genoeg beskikbaar is nie, het 'n boer laat besluit om sy eie stelsels te vervaardig. Die eerste spilpunt wat hy gebou het, is reeds twee jaar lank in gebruik sonder probleme.

Toe mnr. Lothar Frey van KwaZulu-Natal, wat met graan, hoenders en suikerriet boer, die dag 'n spilpunt vir sy graanboerdery wou koop, is hy van die een maatskappy na 'n ander op soek na die stelsel wat hy graag op sy plaas wou hê.

Toerusting was egter óf nie onmiddellik beskikbaar nie, óf dit was nie heeltemal waarna hy gesoek het nie. Só in die soeke het hy stelselmatig 'n idee begin vorm van waarna hy presies in 'n spilpunt soek. Dit was toe dat hy besluit het om die bul by die horings te pak en self 'n spilpunt te ontwerp.

Frey het uitgebreide boerderybelange in KwaZulu-Natal. Benewens suikerriet het hy ook 'n groot aanleg op Port Shepstone waar hy braaikuikens grootmaak. Daarom plant hy baie mielies en sojabone op sy plase by Winterton en Estcourt, wat die hoenderrantsoene goedkoper maak as om alles te koop. Hy verbou ook koring, maar verkoop dit.

Hy het sy hoofbestuurder, mnr. James Stapelberg, opdrag gegee om navorsing te doen en 'n spilpunt te bou. Nadat die eerste prototipe die lig gesien het, het hulle dit sommer op die plaaswerf van die graanplaas by Winterton getoets. Hy is toe terug tekenbord toe om klein veranderings aan die ontwerp aan te bring en het daarna 'n spilpunt met tien torings vir 'n land van 93 ha gebou. Dié stelsel is na twee jaar steeds sonder probleme in gebruik.

Mnr. Stirling Coetzer, Frey se landboubestuurder, sê hulle moes allerhande planne beraam om die spilpunt deeglik te kon toets. Hulle het byvoorbeeld konkas vol water aan die struktuur gehang om seker te maak dit is sterk genoeg om die gewig van die duisende liters water te dra wanneer die stelsel besig is om te besproei. Daarom is die konstruksie van baie sterk materiaal gemaak.

Die eerste stelsel het groeipyne opgelewer en veranderings moes aangebring word, maar nou is dit 'n groot sukses, sê die manne. Toe nog 'n plaas gekoop is om graan te verbou, het hulle 'n tweede spilpunt gebou en later het 'n derde besproeiingstelsel gevolg. Albei het sewe torings.

Ander boere het navraag begin doen oor die spilpunte. Daarom het Frey 'n klein fabriek op een van sy plase by Port Shepstone opgerig, waar hy nou op aanvraag spilpunte vir ander boere bou.

Stapelberg sê baie van die onderdele is standaardtoerusting wat te koop is, soos die ratkas en elektriese motor wat die spilpunt aandryf. Hulle het die regte dikte pype gekoop, dit in die verlangde lengtes opgesny en toe koppelstukke laat maak. Die tuisgeboude spilpunt is heelwat goedkoper as dié op die mark, minstens 10 % tot 15 %goedkoper as sommige modelle.

Coetzer sê hul spilpunte is so ontwerp dat 'n mens 'n beheerpaneel daarop kan laat installeer, wat dit moontlik maak om die stelsel van ver met 'n selfoon aan en af te skakel. Dit kan ook met 'n tydskakelaar toegerus word sodat dit op 'n bestemde tyd begin water spuit.

  • Navrae: Mnr. James Stapelberg, Posbus 1649, Port Shepstone 4240. Tel. 039 681 9803 of e-pos: sungen@saol.com.
  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.41
    +0.7%
    Rand - Pond
    22.59
    +0.3%
    Rand - Euro
    19.85
    +0.6%
    Rand - Aus dollar
    12.31
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.14
    +0.9%
    Platinum
    986.63
    +1.5%
    Palladium
    1,404.92
    -0.1%
    Goud
    1,938.50
    -0.1%
    Silwer
    22.28
    -0.5%
    Brent-ruolie
    75.32
    +2.0%
    Top-40
    69,565
    +1.1%
    Alle aandele
    75,028
    +1.0%
    Hulpbronne 10
    65,211
    -0.7%
    Industriële 25
    101,440
    +1.6%
    Finansiële 15
    15,352
    +1.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Ek weet wat ek uit die lewe wil he
    Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
    Kom ons vat 'n Kans
    Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot