AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4025
10,00
SOYA
24 Mrt
-
8113
-110,00
SUNS
24 Mrt
-
8665
-190,00
WEAT
24 Mrt
-
6325
-32,00
WMAZ
24 Mrt
-
3815
28,00
YMAZ
24 Mrt
-
4000
4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Bosvark bobaas-bokopteller

In die jagveld val daardie groot bok selde gerieflik langs 'npaadjie. Daarom het hierdie bosveld-manne 'nplan beraam om die optelwerk makliker te maak.

In die jagveld val daardie groot bok selde gerieflik langs 'n paadjie. Daarom het hierdie bosveld-manne

'n plan beraam om die optelwerk makliker te maak.

In Mpumalanga het 'n paar gesoute jagters koppe bymekaar gesit en 'n sleepwa gebou waarmee 'n mens 'n bok so groot soos 'n koedoe, gemsbok of selfs 'n eland in moeilike terrein alleen

kan oplaai en by die slagkamer besorg.

Wat meer is, sê mnre. Dawie Geldenhuijs en Anton Scholtz van Lowveld Agri Support Services (LARSS) op Nelspruit, wanneer die doelgeboude Bosvark, soos hulle die nuwe sleepwa noem, nie vir jagtogte

gebruik word nie, kan dit vir allerlei ander karweitake op die plaas agter 'n vierwielmotor

fiets gehaak word.

Volgens Geldenhuijs het jare se gesukkel in die jagveld om 'n bok uit moeilike terrein te herwin hom aan die dink gesit. Die probleemis dat 'n bok dikwels in 'n onherbergsame gebied geskiet word wat vir

bakkies, selfs soms vir viertrekvoertuie, ontoeganklik is. Op menige plaas is vandag 'n vierwielmotorfiets of twee te vinde wat al hoe meer as vervoermiddel tydens jagtogte gebruik word. Ten minste een vervaardiger pas reeds van sy vierwielers spesiaal aan vir jagters. Die meeste vierwielmotorfietse,

veral dié met vierwielaandrywing, kan klim en klouter waar 'n bakkie net nie kan bykom nie.

Geldenhuijs is met sy kop vol planne na mnr. Casper Cilliers van Trade Stuff, 'n SABS-goedgekeurde leunwavervaardiger op Nelspruit.

Ná 'n paar sketse is 'n paar prototipes gebou en deeglik getoets. "Die eerste sleepwa was so sterk en swaar jy kon 'nolifant oplaai, maar die vierwieler kon nie daarmee wegkomnie," onthou Geldenhuijs.

Aanpassings is gemaak en die produksiemodel weeg nou sowat 80 kg en kan 'n vrag van 1,2 ton op sy vaste as met ballonbuitebande (19 x 700/8) dra. Die wiele het agtduim-vellings en die spoorwydte

van die sleepwa is dieselfde as dié van die meeste vierwielmotorfietse. Die sleepwa volg dus netjies die vierwieler se spoor. Die laaibak met skuins kante is 1 800 mm lank en 850 mm breed en word uit 2 mm-plaatmetaal vervaardig.

'n Hand-wenas is voor naby die haak gemonteer. 'n Skuins hellingplaat is aan die agterkant van die laaibak vasgesweis om laaiwerk makliker te maak met die minimum sleepskade aan die karkas. Op elke

hoek is 'n vasmaakhaak aangebring wat help om die bok stewig vas te bind nadat dit opgelaai is. Die sleepwa het 'n kantelhaak (360 grade) wat verhoed dat dit die vierwieler sal ompluk as die sleepwa om

die een of ander rede sou omrol.

'n Groot voordeel van die Bosvark is sy eenvoud en maklike gebruik. By die bok gekom, word die sleepwa afgehaak van die vierwieler en so gekantel dat die agterkant van die laaibak so naby as moontlik aan die bok se kop rus. Die wenas-kabel word om die bok se horings vasgemaak en die bok

word met die wenas teen die laaibak opgesleep. Sodra die bok se gewig so verplaas word dat dit die sleepwa op sy wiele begin balanseer, word die sleepwa aan die vierwieler gehaak. Daarna word die opsleepaksie voltooi en die karkas word vasgemaak met toue vanaf die vier ankerpunte

naby die hoeke van die laaibak.

Volgens Cilliers is dit moontlik om die Bosvark met aanpassings en bykomstighede, soos tralies, sitplekke en/of 'n gereedskapkis, te bestel. Selfs die laaibakgrootte kan volgens die klant se behoefte aangepas

word.

Die Bosvark kos R8 500 (BTW uitgesluit).

  • Navrae: Nelie Joubert, tel. 013 754 1146; e-pos: nelie@ipmafrica.co.za.

    Landbouweekblad, 30 November 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.13
    -0.3%
    Rand - Pond
    22.22
    +0.1%
    Rand - Euro
    19.64
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    12.13
    -0.3%
    Rand - Jen
    0.14
    -0.6%
    Platinum
    984.67
    -0.0%
    Palladium
    1,408.81
    -1.0%
    Goud
    1,989.00
    -0.3%
    Silwer
    23.15
    +0.2%
    Brent-ruolie
    75.91
    -1.0%
    Top-40
    69,294
    -1.1%
    Alle aandele
    74,773
    -1.1%
    Hulpbronne 10
    64,105
    -1.7%
    Industriële 25
    101,913
    -0.7%
    Finansiële 15
    15,219
    -1.3%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Wees my Hoofstuk en ek jou Voorblad
    Humoristies , Gemaklik , Openlik , Romanties , Eerlik , Sosiaal , Stout , Stuitig , Opreg , Hou van Buitelewe , Gelowig , Hardwerkend , Lojaal , Reguit , Opsoek na Lewensmaat...
    Waarna soek jy
    Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot