Dié buigsame spiraalawegaar maak die gladde vloei van dié produkte moontlik veral uit moeilike plekke of om hoeke. Dit word aangedryf deur ’n wisselstroommotor en het ’n voerhoogte van tot 6 meter. Die pyp se lengte wissel van 6 meter tot 12 meter lank.
Die verskillende modelle se vloeitempo’s sluit in 3-5 ton per uur, 8-10 ton per uur en 20-30 ton per uur. Vir gebruik in lande kan Almaz Agro SA se buigsame awegaars aangedryf word deur ’n kragopwekker met ’n lewering van ten minste 5,4 kVa-lewering.
Prys: Vanaf R25 875