
NMI (Northmec Implemente) se Sitrex MKE20-hooihark hark die hooi met twintig tolle in ’n ry sodat dit gebaal kan word. Dit is een van die grootste harke wat beskikbaar is. Sy werkwydte is 11 m, wat verstel kan word om breër of smaller windrye te maak. Die tolle is op onafhanklike vere om ’n onge- lyke terrein doeltreffend te kan baasraak. Die hark word van Italië ingevoer en verg ’n trekker van sowat 83 kW. Prys: Op aan- vraag. NAVRAE: 011 922 2000.

Orbach van Meyerton vervaardig verskillende stukke toerusting wat voor aan ’n trekker gemonteer kan word, soos ’n toestel wat rondebale optel (voor) en ’n laaigraaf (agter). Vragte van tot 1,6 ton kan hanteer word. Kleiner toestelle is ook beskikbaar vir vragte van tot 800 kg. Prys: R178 250 vir ’n groot werktuig en R120 750 vir kleineres. NAVRAE: Mnr. Erik Rautenbach, 082 445 3931.

MOOI-MEC van Mooirivier in KwaZulu-Natal voer werktuie soos hierdie Conor 9700 J-baaltoedraaier van Ierland in. Ander werktuie kom van Nieu-Seeland. Die werktuig tel bale van 1,2 m op, draai dit met spesiale plastiek styf toe om suurstof uit te hou en laat sak dit weer tot op die grond. Prys: R386 000. NAVRAE: Mnr. Brendan Webster, 079 896 6190.

Kubota se DMC-hooikondisioneerder. Die 8540R-model op die foto werk 4 m breed en beskik oor tien snyers. Kleiner modelle sny en kondisioneer ’n strook van 2,8 m. Die werktuig beskik oor ’n stelsel wat eweredige snitte en minder verwering van die bewegende dele verseker. Prys: R812 245. NAVRAE: Mnr. Dennis van der Merwe, 082 305 0500.

Die Kubota BF3255-baler is deel van ’n reeks baalmasjiene. Hierdie model se optelmeganisme is 2,2 m breed en verseker ’n konstante deurvloei van hooi na die baalkamer. Die koper het ’n keuse tussen ’n rotor- of ’n snystelsel met verskeie lemverstellings. Prys: R1,068 miljoen. NAVRAE: Mnr. Dennis van der Merwe, 082 305 0500.

Kubota se RA1035-enkelrotorhark met ’n werkwydte van 3,5 m is deel van ’n reeks hooiharke wat tot 4,6 m wyd werk. Die werktuig se geboë tandarms verseker skoner werkverrigting. Prys: R138 920. NAVRAE: Mnr. Dennis van der Merwe, 082 305 0500.