AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4420
31,00
SOYA
24 Mrt
-
8660
-256,00
SUNS
24 Mrt
-
8680
-175,00
WEAT
24 Mrt
-
6346,4
27,40
WMAZ
24 Mrt
-
3821
34,00
YMAZ
24 Mrt
-
4006
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Die moets en moenies van skale

Boere kan heelwat geld verloor deur nié hulle produkte op die korrekte manier te weeg nie.

Dit is dalk net 'n slagdier wat met 'n onakkurate skaal geweeg word, of 'n aantal lusernbale waarvan hy een weeg en almal op dié gewig takseer, of duur kragvoer wat hy op volume (blikkie) aan 'n onderproduserende koei uitmeet.

Die feit is, baie min boere het 'n skaal, wat nog te sê 'n akkurate een, sê mnr. LM van Zyl, van De Deur Technologies, 'n onderneming wat skale en instrumentasie bemark.

Gewig alleen is nie genoeg wanneer 'n boer byvoorbeeld geprosseseerde voer aankoop nie. Met toetse wat hy gedoen het, is gevind dat die persentasie van die vog in voer baie varieer. "Betaal ons soms vir water, en is daar 'n onverklaarbare verskil in diereproduksie van een aflewering na die ander? Navorsing wys dat geprosseseerde voer optimaal onder 12 % vog gestoor moet word, of preserveermiddels moet bygevoeg word as dié persentasie hoër is."

Hy sê outydse meet-metodes kos 'n mens geld, maar so ook as 'n moderne skaal verkeerd gebruik word.

"As 'n mens net 5 kg per dier verloor met die weeg van 100 beeste (teen R9/kg) kos dit jou dadelik R4 500. En dis baie maklik om só 'n fout te begaan. Ons moet meer tyd aan die meetproses bestee, want dit is mos die plek waar jy in 'n ommesientjie baie geld kan verloor."

Mnr. Van Zyl, self 'n boer, verwys na voorbeelde om te verduidelik: As 'n mens jou vee gereeld akkuraat weeg, sal jy kan sien of hulle gewigte volgens beplannig toeneem en dan betyds voorkomende stappe doen, soos om die vee teen parasiete te behandel of om lekke te verander.

Hy sê boere maak maklik aannames oor gewig en dit kan geld uit hul sakke kos, soos die koop of verkoop van lusernbale en -saad. "Word dit afsonderlik geweeg, of word die gewig van een baal gou-gou met die hoeveelheid verkoopbare bale of sakkies saad vermenigvuldig? Ek het eenkeer 'n aantal sakkies lusernsaad gekoop wat op grond van een sakkie se gewig verkoop is, en toe ek dit in my pakhuis gaan weeg het, vind ek dat die verkoper tot R300 te min vir die lusernsaad gevra het."

'n Ander voorbeeld is dié van 'n slagbees wat 'n mens in 'n kopklamp in drukgang weeg voor dit verkoop word. As die bees teen die drukgang of kopklamp lê, kan 'n meting van tot 50 kg minder op die skaal registreer. Groot foute is al waargeneem met volstruise wat teen die kant van 'n kraal lê terwyl hulle geweeg word.

Wat is die moets en moenies van skale?

1. Probeer om nie in sterk wind te weeg nie.

2. Koppel die instrument en skakel dit vir minstens 5 minute aan voor gebruik (die laaiselle moet opwarm).

3. Moenie naby groot kragverbruikers, soos sweistoestelle, groot elektriese motors of direk onder oorhoofse kraglyne, weeg nie.

4. Moenie direk voor verkoelingstelsels weeg nie.

5. Moenie iets swaars op die balke stoor nie. (Dit kan oor 'n lang termyn die karakteristieke verander.)

6. Sorg dat kabels nie beskadig word gedurende vervoer en in die drukgang nie.

7. Maak liefs seker dat die plek waar gemeet word, waterpas of minstens plat is.

8. Balke gee hul beste resultate as hulle nie fisies vasgebout word nie. (Teenkragte op die laaiselle verander hul kenmerke.)

9. Moenie instrumente voor in die bakkie of in die son los nie.

10. Sorg dat geen deel van die weegarea aan iets raak nie, soos mis, modder, gras, of dat kabels in die weegtoestel vasgeknyp word nie.

11. Maak seker dat die dier aan niks anders as die platform raak nie. Pasop vir die gebruik van kopklampe met weeg.

12. Bou die platform vir beeste lank genoeg met kante wat keer dat diere nie aftrap nie, dit sal keer dat dier seerkry.

13. Die looparea moet grof wees sodat dier nie gly en senuagtig raak nie.

14. Stel die instrument se filters vir 'n optimale weeg-aksie. As die fiters reg gestel word, kan die dier net rustig oor die skaal stap en die lesing sal akkuraat wees.

15. Maak seker die battery is vol gelaai voor jy begin weeg - dit sal later baie moeite spaar (6.8 volt)

16. Maak seker dat die instrument en ál sy kabels en koppelpunte altyd droog en skoon is. (Vuil punte gee verkeerde lesings.)

17. Laat die skaal een keer per jaar behoorlik gekallibreer word deur SABS-gesertifiseerde gewigte. 'n Skaal wat 2 kg op 100 kg uit is, kan 'n fout van 15 kg op 750 kg veroorsaak. Dié fout is gewoonlik liniêr. (Dit help nie regtig dat 'n mens jouself as toetsgewig gebruik, of die koöperasie se sakke nie. Jy gáán geld verloor.)

18. Onthou dat 'n instrument nie net sommer aan ander balke gekoppel word nie. Elke instrument word vir sy eie balke gekalibreer.

Mnr. Van Zyl sê: "Meet, meet, meet, want dit is die enigte manier om kwaliteitbesluite te neem en verbeterings te maak. Moenie jare spandeer aan daai een groot verbetering wat jy wil maak nie. Maak eerder gereeld klein verbeterings wat volhoubaar is en die grootresultaat sal vanself gebeur. "

  • Kontak mnr. Van Zyl by 082 922 5511, of klik hier.

    20 September 2005

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.21
    -0.7%
    Rand - Pond
    22.29
    -0.3%
    Rand - Euro
    19.63
    -0.1%
    Rand - Aus dollar
    12.14
    -0.4%
    Rand - Jen
    0.14
    -1.2%
    Platinum
    981.19
    -0.4%
    Palladium
    1,411.09
    -0.8%
    Goud
    1,982.55
    -0.6%
    Silwer
    23.05
    -0.2%
    Brent-ruolie
    75.91
    -1.0%
    Top-40
    69,127
    -1.3%
    Alle aandele
    74,609
    -1.3%
    Hulpbronne 10
    63,520
    -2.6%
    Industriële 25
    101,920
    -0.7%
    Finansiële 15
    15,225
    -1.3%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Maatjie vir n praat Jim
    Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
    Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
    Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot