AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Droogte knou ook trekkerverkope

Trekkerverkope het tussen Oktober en November vanjaar van meer as 900 eenhede na net meer as 500 gedaal.

Trekkerverkope in Suid-Afrika het tot dusver vanjaar behoorlik wipplank gery, met die aantal eenhede wat verlede maand verkoop is, wat na 551 verlaag het – nadat meer as 900 eenhede in Oktober vanjaar verkoop is. Op ’n jaargrondslag is die verskil in verkope marginaal minder, met 554 eenhede wat verlede jaar November aangeteken is.

Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging (Saama) sê in 'n verklaring tot dusver vanjaar is verkope 5% laer vergeleke met 2012. Daarteenoor is stroperverkope vir vanjaar, vergeleke met 2012, 4% hoër. Die aantal eenhede wat verlede maand verkoop is, is wel drie minder as die 15 wat in dieselfde maand verlede jaar verkoop is.

Bedryf voor moeilike seisoen
Die droogtetoestande wat tans oor groot dele van die land heers, oefen ook druk op dié mark uit. “Die onlangse skerp daling in die waarde van die rand, veroorsaak kommer in dié mark. Verskeie kommentators binne die bedryf meld dat die bedryf voor ’n moeilike seisoen staan,” aldus die verklaring.

In die meeste oostelike gebiede waar somergewasse verbou word, het boere klaar geplant en het redelike goeie opvolgreën geval. In sekere van die westelike dele van die land het goeie reën ook al geval, wat boere in staat gestel het om te kan begin plant. “Ongelukkig is sekere van die westelike dele van die land steeds droog.”

Die bedryf voorspel dat trekkerverkope vir die 2013-kalenderjaar sowat 7500 eenhede gaan wees, wat 5% laer is as 2012 se totale verkope.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot