
Noudat duurder elektrisiteit ‘n gat uit jou sak gaan hap, wat gaan jy doen? Hier is ‘n man met ‘n plan.
Frank Kratz skryf op die gespreksforum:
Skielik kry ek sommer elke dag iets op die internet oor hierdie onderwerp! Hier praat hulle daarvan om hele woonbuurte op een smart grid te plaas!
Mias Adams antwoord:
Hierdie idee is al baie jare bekend, maar kon nie bekend gemaak word voordat die geldmanne eers alles haarfyn uitgewerk het wie betaal hoeveel vir wie. By ons sal dit nie verder kom voordat Eskom sy sin gekry het met verhoogde pryse nie.
Nou kan die "smart grid" ouens maar hul ding doen, Eskom se verhogings is mos vandag goedgekeur. Tipies die kommunis: drie tree vorentoe, een tree terug: begin op 45% x 3 dan is daar nie so ‘n vreeslike bohaai as jy afkom na 35% x 3 nie. En kom nou af tot 24% x 3, dan klap ons almal hande.
My voorstel oor hierdie saak is laasjaar gepubliseer in Die Burger: elke huis (fabriek, plaas, ens) kry 3 skakelaars wat van ‘n sentrale punt beheer word:
Die eerste punt is ‘n 5 of 10 amp en word nooit afgeskakel nie. Dis genoeg vir jou ligte, TV, radio, alarmstelsel en n paar kleinighede, selfs ‘n yskas dan en wan.
Die tweede skakelaar is ‘n (sê maar) 25 amp wat alles in die huis aandryf, behalwe die stoof, geyser, skottelgoedwasser en swembadmotor. Dit word in noodgevalle afgeskakel. Daar is geen rede hoekom alle toestelle in n huis voltyds van krag voorsien moet word nie.
Die swaar goed word voorsien deur ‘n 60/70 amp skakelaar wat eerste afgeskakel word as daar ‘n krag tekort is.
Die sg. spitstydlas word uit en uit veroorsaak deur huiskrag. As mens dit kan beheer, is die kragtekorte op ‘n end.
Met my "smat grid" kan woonhuise aan en afgeskakel word as die windlaaiers krag opwek. Dit vervang die nodigheid van opgaar- geriewe (bv batterye, vliegwiel, pomp opgaarskemas ens.
Terra Terre Blanche skryf:
Niemand op hierdie forum sou seker ooit kon dink dat die dag sou aanbreek waar ek heelhartig met jou sou saamstem nie. Jou voorstel van drie skakelaars klink vir my puik. Ek weet van die onderwerp te min, maar as dit prakties moontlik is, is dit mos die soort van oplossing waarvoor ons behoort te toi-toi. Die idee dat krag vanaf die hoofbron (Eskom) outomaties afgeskakel of verminder kan word wanneer die wind waai of jou sonpanele optimaal werk, klink wonderlik.
* Stuur gerus jou wenke om krag te bespaar aan vir publikasie. Gebruik die teks-kassie hieronder. - Red.
24 Februarie 2010