
Die nuwe FendtOne-platform kombineer die daaglikse take van die trekker met ’n rekenaar om beplanning en beheer van take wat normaalweg vanuit ’n kantoor uitgevoer word.
Mnr. Robbie Hall, produkbemarkingsbestuurder vir Gold Harvesting by Agco Afrika, sê werk wat op die lande gebeur, is gewoonlik geskei van kantoorwerk. “Selfs al hou hierdie twee afdelings met mekaar verband, gebeur hulle afsonderlik en word op verskillende stelsels gehuisves. Die FendtOne-stelsel is dus ’n eerste in sy soort wat hierdie aktiwiteite direk met mekaar verbind.”
Die kantoorstelsel dra by tot bestaande toepassings op die trekker met praktiese funksies waar landboukundige en werksverrigtinginligting gedurende werkstye deur beplanning en bestuursfunksies vanuit die kantoor verbeter word. Dit is ’n deurlopende proses wat nooit afgeskakel word nie. Dit beteken dat inligting van die trekker en werktuig wat deur die masjien opgevang word, onmiddellik beskikbaar is vir rapportering in die kantoor. Sodoende word tyd doeltreffender en produktiewer aangewend.
Die FendtOne-stelsel is reeds beskikbaar op die Vario 200, 700, 900 en 1000-reeks wieltrekkermodelle, terwyl die Fendt Vario-reeks verder vergroot is met die Fendt Vario 200 en Fendt 200 V/F/P Vario. Die jongste generasie van die Fendt 200 V/F/P Vario-spesialis-trekkers is reeds toegerus met die FendtOne-stelsel, wat dit die eerste spesialis-trekker met ’n ten volle geïntegreerde terminaal maak.
“Alle lande wat bewerk word, se inligting word op dieselfde inligtingsrekord gebêre oor die hele vloot,” sê Hall.