AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Eie, goedkoop menger spaar geld

'n Melkboer se eie elektries aangedrewe voermenger spaar hom duisende rande.

'n Melkboer se blink plan om sy eie elektries aangedrewe voermenger te maak, spaar hom nie net duisende rande aan tyd, arbeid en werktuigkoste nie. Dit het boonop die melkproduksie met 8 % verhoog.

Sy gesukkel om twee keer per week een ton voer met grawe op die skuurvloer te meng, het mnr. Kobus van der Walt van die plaas Taveta in die distrik Dundee só gefrustreer dat hy sy eie elektries aangedrewe voermenger gebou het. Dit het hom 'n skrale R10 000 gekos om die menger aanmekaar te sit.

Van der Walt wat sowat 40 koeie (Simmentalers en Holsteins) twee maal per dag melk, versprei self sy melk. Hy maak en versprei ook jogurt.

Hy meng twee keer per week gemiddeld een ton voer vir die melkstal. Die suiwelmeel (16 %) is 'n mengsel van hominey chop, katoen-oliekoekmeel, vloeibare melasse, premix, sout, ureum, monokalsiumfosfaat en 'n bietjie voerkalk. Die verskillende voermengsels word een vir een bygevoeg om goed deur te meng. Dit verbeter die koeie se spysvertering wanneer die voer goed gemeng word.

Met net vier plaaswerkers - twee vroue wat heeltyds in die melkstal help en twee mans wat bykomend algemene plaaswerk doen - het baie werkure op hierdie wyse verlore gegaan.

"Dit het die twee mans twee keer per week elke keer 'n hele dag gekos om een ton voer te meng. Die voer was boonop nooit deeglik gemeng nie. Dit was ook bykans onmoontlik om die vloeibare melassestroop met grawe in te meng. Ek was verplig om die veel duurder melassemeel (sowat R200 per ton duurder) by te meng."

Met sy voermenger kos dit een mens minder as 'n uur om dieselfde hoeveelheid (een ton) voer te meng. "Ek doen dit dikwels sommer self terwyl die twee werkers met hul algemene dagtake aangaan."

Hy sê 'n bykomende voordeel van die menger is dat goedkoper melassestroop nou gebruik kan word. Die voermenger meng boonop die voer baie deegliker en dit het tot gevolg dat koeie die voer beter benut. "Melkproduksie het 5 % tot 8 % gestyg."

Afgesien van sekere dele van die mengbak - die ratkas, elektriese motor en die hoofas - is die hele menger hoofsaaklik uit skrootmateriaal vervaardig.

Die ratkas is die nywerheidstipe wat in myne gebruik word om vervoerbande aan te dryf. 'n Gewone elektriese motor van 380 volt en 3,75 kW dryf die menger aan.

'n Stoompyp met 'n dik wand is gekoop en deur 'n ingenieursonderneming kleiner gemaak sodat die laers daarop kon pas. Kobus het die mengpedale self gemaak en op die as vasgesweis. Só ook die geut waardeur die voer in goiingsakke uitval.

Die ongeveer R10 000 wat dit hom gekos het om die voermenger te maak, sluit die koste vir die staal (vir die mengbak), ingenieurs, dryfas, hoofas, ratkas, sweisstafies, slypwiele en ander kleiner benodigdhede in.

"'n Soortgelyke menger wat deur 'n trekker aangedryf word, kos in die mark sowat R25 000 tot R30 000 (sonder die motor). Die elektries aangedrewe menger se lopende koste is laer as 'n trekkeraangedrewe menger."

Navrae: Kobus van der Walt by tel. 082 870 4242.

Skraap pad gou en met min koste

Die hoë middelmannetjies van grondpaaie is dikwels 'n irritasie. Dit veroorsaak nie net ongemak nie, maar beskadig ook voertuie se onderstelle.

Mnr. Kobus van der Walt van die plaas Taveta in die distrik Dundee het 'n eenvoudige plan beraam om hierdie probleem wat soveel boere hoofbrekens besorg, hok te slaan.

Hy maak 'n beton-dwarslêer met 'n ketting aan 'n bakkie (of trekker) vas. "Dit speel vinnig klaar met hoë middelmannetjies of verspoelde grondpaaie op die plaas."

Hy waarsku egter dat 'n beton-dwarslêer - en nie een van hout nie - gebruik moet word. 'n Hout-dwarslêer is te lig en sal nie veel uitrig nie. Maak ook seker dat die oppervlak van die pad wat geskraap word, klam is sodat die grond nie te hard is nie.

3 Junie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot