AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Finansier jou John Deere-drome só

Met behulp van John Deere Financial is 'n boer se drome van sy eie John Deere-toerusting geensins vergesog of onbereikbaar nie.

Toegang tot finansiering en die bekostigbaarheid daarvan is dikwels die grootste probleem vir boere wat John Deere-trekkers en -toerusting wil aanskaf, sê mnr. Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deere Financial vir Afrika suid van die Sahara. “By John Deere Financial probeer ons om ’n baie mededingende rentekoers vir ons kliënte te beding en werk ons saam met toonaangewende banke om finansiering moontlik te maak."

“Ons is daar om boere te ondersteun om in hul boerderye te belê," herinner Taylor. "John Deere Financial finansier slegs nuwe toerusting en trekkers in óf ’n afbetalingsverkoopsooreenkoms óf finansiële bruikhuurooreenkoms. Binne hierdie raamwerk skep ons ’n buigbare finansieringsplan wat die kliënt se kontantvloeisituasie in ag neem. Daarvolgens kan ons die beste terugbetaalvoorwaardes en die leningstermyn bepaal. Die koste van finansiering hang af van die struktuur van die lening. Die termyn en deposito het ’n regstreekse invloed op die rentekoers. Die rentekoers is byvoorbeeld gunstiger wanneer ’n lening oor ’n korter tydperk terugbetaal word."

Buite die landsgrense
“Danksy ons samewerking met banke, soos Absa in Suid-Afrika en die Standard Bank-groep, kan ons kliënte wat in Afrika wil uitbrei, buite die landsgrense met finansiering help. John Deere het ’n wye teenwoordigheid in Afrika met jare se ondervinding rakende die besigheidsomstandighede,” sê Taylor.

“Ons verstaan die uitdagings en dinamika van die markte in Afrika. Omdat ons die waardeketting in die landbou verstaan, weet ons watter risiko’s in verskillende lande bestaan, nes ons markrisiko’s in Suid-Afrika verstaan. Die hulp wat ons by John Deere Financial aanbied, strek dus veel wyer as bloot net finansiering.”

John Deere Financial is reeds nege jaar in Suid-Afrika gevestig en sy teenwoordigheid in die res van Afrika wat in die afgelope anderhalwe jaar aansienlik verstewig het, maak dit moontlik om boere met belange elders op die vasteland te help met finansiering. Saam met produkte van ’n goeie gehalte, uitstekende naverkoopdiens en die beskikbaarheid van onderdele is dit moeilik om ’n beter aanbieding in die mark te kry.

“Ons het ’n stewige, betroubare posisie in Afrika, veral in Namibië, Botswana, Swaziland, Zambië, Kenia, Tanzanië, Nigerië en Uganda waar John Deere Financial ’n baie mededingende aanbieding het. John Deere Financial kan ook finansiering in verskillende geldeenhede aanbied.”

Hoe, waar en wie
Daar is 63 John Deere-handelstakke in Suid-Afrika en 45 elders in Afrika. Aan elkeen is ’n John Deere Financial-bemarker gekoppel. Dit is dus maklik om by enige geakkrediteerde John Deere-handelaar inligting rakende finansieringsopsies te kry.

Volgens Taylor kan boere egter ook kies of hulle eerder regstreeks by enige van die banke met wie John Deere saamwerk, om finansiering wil aansoek doen. Meer inligting kan regstreeks by John Deere Financial verkry word of boere kan met enige van die konsultante by die Nampo-stalletjie gesels oor finansieringsopsies.

“John Deere is ’n leefstyl en ons wil ’n omvattende aanbod aan ons kliënte bied,” sê Taylor. “Finansiering stel die kliënt in staat om net die beste produkte moeitevry in die hande te kry. Gevestigde produkte en tegnologie vergelyk uitstekend met die prys van ander handelsmerke in die bedryf. Nuwe, eksklusiewe tegnologie het wel ’n prys, maar die voordele wat dit die boer bied, maak die prys wat hy betaal, gou op. Ons verstaan die uitdagings van die boer en het daarom finansieringstrukture wat stabiliteit vir die boer bring.”

As jy dus weer oor ’n John Deere-trekker op jou plaas droom, kan jy weet dat die wens “Ek wil ene hê” nou soveel makliker kan verander in “Ek kán ’n John Deere bekostig!”

Navrae: vir nog inligting oor die opsies wat John Deere Financial bied, kontak jou naaste John Deere-handelaar, bel 011 4372600of besoek www.deere.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot