AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Geen omdraai in di

Geen diere kan in dié verskuifbare drukgang omdraai nie.

'n Boer het 'n verskuifbare drukgang geprakseer waarvan die wydte verstel word volgens die grootte van die beeste waarmee gewerk word. Dit voorkom die lastigheid van diere wat in die drukgang omdraai.

'n Boer van Dewetsdorp wat raadop was met beeste en kalwers wat aanhoudend in die drukgang omdraai, het ná baie kopkrap 'n eenvoudige drukgang ontwerp om hierdie probleem uit te skakel. Mnr. Jochem van den Berg van die plaas Deelpan, se verskuifbare drie-in-een-drukgang kan bulle, koeie en kalwers met gemak hanteer.

Hoewel dit moontlik is om diere van verskillende grootte gelyk deur die drukgang te jaag, is dit beter om hulle volgens grootte te skei en die verskillende groepe afsonderlik te hanteer.

Dié drukgang is gekoppel aan 'n elektroniese weegskaal wat ook dien as 'n plek waar die veearts dragtigheidstoetse of ander veeartsenywerk kan doen en waar die beeste se horings geknip kan word.

Die drukgang is verstelbaar na gelang van die grootte van die bees. Traliehekke aan die binnekant word in- of uitgeskuif om die kalf, koei of bul vas te druk. Die drukgang word deur twee traliehekke van die elektroniese skaal geskei. Die hekke vorm 'n hokkie waarin die veearts of mens wat met die beeste werk, veilig kan staan en werk. Van den Berg het dit aangebring nadat hy uitgevind het dat indien een van sy beeste die veearts of 'n werker sou beseer, hy vir die skadevergoeding verantwoordelik gehou kan word. "Nou kan die beeste hom nie nie van agter of voor beseer nie."

'n Lyfklem op die elektroniese skaal wat met 'n hefboom beheer word, klem die bees se lyf vas sodat daar met hom gewerk kan word en hy stil kan staan as hy geweeg word.

Van den Berg het verder gegaan as die gewone kopklem wat voor op die elektroniese skaal aangebring word om 'n bees se horings te kan sny. Hy het heel voor 'n bykomende ronde traliehek aangebring. Dit gebeur dikwels dat, wanneer 'n bees uit die drukgang op die elektroniese skaal gejaag word, die bees so vinnig deurbars dat die boer of werker die hefbome nie betyds kan trek om die dier met die lyf- of kopklem vas te klem nie. Die traliehek, wat toegemaak word die oomblik wanneer die bees op die skaal gejaag word, keer só 'n wegholbees.

Van den Berg se vindingrykheid is nie tot die drukgang beperk nie. Hy het ook planne vir kalwers wat te "skaam" is om bedags te vreet, voerlekke wat in die veld natreën, voerbakke en skeerhokprobleme.

Vir die kalwers wat te "skaam" is om bedags te vreet (dit is veral die swakkeres), het hy by sy voerkrale 'n spesiale lig aangebring sodat die kalwers snags kan vreet. "Só raak hulle gouer markgereed."

Sy voerbakke in sy skaapvoerkrale is van ou waterkrippe gemaak. "Selfs al lek hulle, is hulle steeds goed genoeg vir droë voer soos hooi." 'n Raam bo-op die krippe keer dat die skape heen en weer oor die krip spring. Die voerkrale is teen 'n skuinste gebou sodat die reënwater kan wegloop.

Spesiale dakkies oor lekbakke keer dat die lekke in die veld natreën. Só verseker hy dat hy die beste voordeel uit die lek kry en die diere die aanvulling kry teen die konsentrasie wat hulle nodig het.

Sy skeerhok is spesiaal ingerig om die werksvloei te bevorder en om oponthoude te voorkom. Die twee ontvangslokale is langs mekaar (een is 'n uitgooikraal en die ander 'n vangkraal met 'n hortjiesvloer). Daarna volg die skeerlokaal, klasseertafels, wolhouers en twee wolperse.

Om beheer oor afgeskeerde skape te verseker en na te gaan of hulle netjies geskeer is, word skape uitgekeer na ingerigte kampe langs die skeerskuur. 'n Trop bly daar tot almal klaar geskeer is en word dan veld toe gejaag.

In die skeerlokaal is ses plankplatvorms om die skeertaak te vergemaklik. Die planke kom van 'n ou wolpers wat sy pa in 1934 gekoop het.

Mnr. Kobus Viviers, skaap-en-wolbeampte van BKB op Dewetsdorp, sê plankplatforms vergemaklik die skeerwerk. Boere wat op sementvloere skeer, kan gerus klein houtplatvorms oorweeg. Omdat die hout meegee, is dit makliker om daarop te werk en die skeerders skeer dus meer skape per dag. Die skeerders is ook geneig om op sementvloere te gly en skape raak te skeer.

Van den Berg het ook sedert 1954 'n trekkerwerkswinkel op sy plaas waar sy skoonseun, mnr. Peet Potgieter, 'n geregistreerde werktuigkundige, die plaas se 18 trekkers en 3 stropers herstel.

  • Navrae: Mnr. Jochem van den Berg, tel. 052112, vra Dewetsdorp, bylyn 1204.
  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    heading
    description
    username
    Wys Kommentaar ()
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.51
    -0.5%
    Rand - Pond
    22.57
    -0.9%
    Rand - Euro
    19.76
    -0.3%
    Rand - Aus dollar
    12.36
    -0.6%
    Rand - Jen
    0.14
    -1.4%
    Platinum
    971.12
    +0.3%
    Palladium
    1,405.20
    -0.5%
    Goud
    1,986.72
    -0.1%
    Silwer
    22.56
    -0.2%
    Brent-ruolie
    72.97
    -2.4%
    Top-40
    67,874
    +1.3%
    Alle aandele
    73,335
    +1.1%
    Hulpbronne 10
    64,999
    +3.4%
    Industriële 25
    98,337
    +1.3%
    Finansiële 15
    14,879
    -1.5%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Versigtiger
    Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
    Blank
    Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot