AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Gereedskapwaens altyd reg vir werk

'n Volledig toegeruste skaaphanteringswa en mobiele windpompgereedskapwa maak plaaswerk 'n plesier!

Met 'n volledig toegeruste skaaphanteringswa en mobiele windpompgereedskapwa kan 'n boer man-alleen sy skape doseer of 'n windpomp herstel. Feitlik alle gereedskap en onderdele vir onderhoud is op die waens byderhand.

Kampe in die Groot-Karoo - soos in baie ander dele van die land - is meestel baie groot en dit gaan soms bars vir 'n boer om sy skaapkrale, doseertoestelle en windpompe in 'n goeie toestand te hou.

Mnr. Joseph Steyn van Rietfontein, Prins Albert, en sy broer, Oosie, boer met wol- en vleisskape. Daar is baie kampe en windpompe op hul grond en instandhouding verg heelwat tyd. Hulle is veral gesteld daarop dat die windpompe in 'n goeie toestand moet wees.

Die dele van die krale in die kampe waarin die skape gedoseer, gemerk en gehanteer word, is gewoonlik onderhewig aan taamlike slytasie en rowwe behandeling. Dit is dinge soos drukgangheinings, klasseerhekke en spuit- of diptoestelle.

Krale waarin die skape staan totdat hulle aan die beurt kom vir merk, dosering of ander behandeling, is gewoonlik met gewone draad omhein en kan ook makliker in stand gehou word as die hanteringsdeel.

Omdat heelwat herstel- en vervangingswerk dikwels aan sulke hanteringseenhede nodig is, het Joseph en Oosie 'n paar jaar gelede daaraan gedink om 'n volledige eenheid te bou waarin alles vir sulke instandhoudings- en herstelwerk bymekaar en byderhand gehou kan word. 'n Werkswinkel op wiele, was hul gedagte.

Dit het voorheen alte dikwels gebeur dat iets kortkom wanneer hulle ver in die veld met herstelwerk besig is. Dan moes kilometers gery word om dit by die opstal - of, nog erger, selfs op die dorp 20 km daarvandaan te gaan haal. Net om 'n rukkie later te ontdek dat nog iets kortkom.

Hulle het 'n gewone sleepwa-onderstel geneem en dit begin ombou in 'n mobiele skaaphanteringseenheid wat, afgesien van die verskuifbare drukgang, hekke en spuite, ook elke moontlike en onmoontlike stuk gereedskap en onderdeel vir herstelwerk "aan boord" het.

Skaapskêre, tatoeëer- en kastreertange, dipstowwe en oorplaatjies word op die wa in 'n toe deel gehuisves. Daar is ook alle ander gereedskap, skroewe en toerusting wat nodig kan wees vir werk aan enige kraal of kampdraad.

Ál die toerusting en gereedskap word permanent op die wa gehou. Wanneer nodig, word die wa met 'n bakkie gesleep na die plek waar die werk gedoen moet word en die werk sonder oponthoud afgehandel.

Mettertyd is nog allerlei bruikbare toerusting en gereedskap bygevoeg. Die wa is 'n eenheid wat feitlik enige plek op die plaas gebruik kan word sonder enige bykomstighede van buite. Selfs die deurpanele kan afgelig en as tafels gebruik word.

Die grootste voordeel is tydbesparing. Dit is veral omdat alles wat moontlik nodig sal wees, byderhand is. Een mens kan alles binne vyftien minute staanmaak, of oppak en ry nadat die werk afgehandel is.

Dit plaas aansienlik minder stres op die mense en die skape omdat alles doelgerig afgehandel kan word sonder oponthoud en frustrasie, het die Steyns ondervind.

Wat alles nog beter maak, is die feit dat die hele eenheid uit afvalmateriaal gebou is. Die hekke, byvoorbeeld, is gemaak van ou pype. Die hele eenheid met alles daarop, het hulle maar sowat R5 000 gekos, materiaal ingesluit.

Maar hier het dit nie opgehou nie.

Die gedagte aan 'n mobiele instandhoudingswerkwinkel het ontstaan uit die feit dat die plase waarop hulle boer, bykans 60 windpompe het. En dit is 'n uitgestrekte gebied.

Windpompe moet behoorlik onderhou word, anders funksioneer hulle nie behoorlik nie.

Wanneer 'n windpomp egter behoorlik reggemaak en gediens moes word, moes alles - van elke stuk gereedskap tot elke skroefie op 'n bakkie gelaai en na die windpomp gekarwei word - dikwels tot 50 km ver. En daar was maar gewoonlik iets wat kortgekom het en waarvoor teruggery moes word opstal toe.

Dit het hulle toe die idee gegee om 'n toegeruste "mobiele windpompdiens-eenheid" te bou waarin alles is wat moontlik nodig kan wees om 'n windpomp na te sien of te herstel.

'n Ou sleepwa is toe aangepas. 'n Sweismasjien, wat ook 220 volt krag vir die ander elektriese gereedskap lewer, is daarop gemonteer. Daar is ook 'n gassweistoestel, 'n staanboor, handbore, windpompkatrolle, skroewe, gereedskap sweisstafies en enigiets wat nodig is vir die herstel van 'n windpomp. Hulle het selfs gedink aan toerusting om boomwortels wat die boorgat toegroei, mee te verwyder.

Die eenheid is só goed toegerus dat een mens alleen ook 'n windpomp kan herstel of opknap as dit nodig is. Net as die kop en wiel afgehaal moet word, is 'n paar ekstra hande nodig, sê mnr. Joseph Steyn.

Omdat daar heelwat duur toerusting op die wa gemonteer is (soos die sweismasjien), het die volledige eenheid waarskynlik in die omgewing van R25 000 gekos, skat hy.

"Ek het groot respek vir windpompe. Hulle lewer die ideale, skoon energie en maak die lewe draaglik vir duisende boere in veral die droër dele van die land," is Joseph se mening. Daarom was hulle nog nie 'n dag spyt oor hul windpompwa - soos hulle dit noem - nie.

10 Junie 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot