
G.North, spesialiste in die verkope en ondersteuning van landbou-implemente, versprei ’n uitgebreide reeks van gehalte-gekenmerkte werktuie regdeur Suidelike Afrika.
“Hierdie nuut gestigde maatskappy is gevorm deur die konsolidering van implemente wat verkoop is deur Invicta se landboudivisies – New Holland S.A. en Northmec,” sê mnr. Steph Strydom, bestuurder, G.North, ’n divisie van die Capital Equipment Group, Invicta Holdings Ltd.
’n Belangrike voordeel is die fokus op diens, wat insluit die beskikbaarheid van ’n uitgebreide reeks kwaliteit gekenmerkte produkte, wat ondersteun word deur tegniese advies, opleiding en instandhouding.
Ingesluit in die G.North-portefeulje is implemente verskaf deur Maschio Gaspardo vanaf Italië. Hierdie produkte sluit onder meer presisie-, mielie-, koring- en groenteplanters in. Ook in die reeks vanaf Maschio Gaspardo is wentelkapploeë, kragharke, stokkiekappers, rygewasskoffels en baaltoedraaiers. ’n Volle reeks masjinerie vir aartappelboere is ook beskikbaar, wat insluit aartappelplanters en -uithalers.
Camara-handelsnaam uit Spanje
G.North versprei ook ’n reeks werktuie vanuit Spanje onder die Camara-handelsnaam, wat gekenmerk word aan doeltreffende werkverrigting en verlengde dienslewering. Die Camara-reeks bestaan uit mis- en kalkstrooiers asook voermengers.
Quantum driepunt-sleepspuite, wat plaaslik vervaardig word vir die harde toestande in Suid-Afrika, sal ook deur geselekteerde handelaars van G.North versprei word. Die reeks sluit vuurvegters en planterspuite in.
Die bekende reeks Santa Izabel-mediumdiens asook swaardiens-disse vanuit Brasilië sal ook deur G.North gehanteer word.
Welger-balers
Die maatskappy se reeks sluit ook in Jacto-spuite, Baldan-grondbewerkingsmasjinerie, Welger-balers, Lely-hooitoerusting, Sitrex-harke, Storti-voermengers en Stara-masjiene.
Ook onder die G.North-sambreel sal Franco Fabril-sonneblomtafels en Gerringhoff-tafels beskikbaar wees.
G North versprei die toerusting deur die bestaande verspreidingsnetwerk van New Holland SA en Northmec, asook gespesialiseers handelaars.
Besoek G.North se stalletjie die Nampo-oesdag of skakel die hoofkantoor by 011 922 2300.