AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4540
-60,00
SOYA
03 Feb
-
9300
-30,00
SUNS
03 Feb
-
11091
-270,00
WEAT
03 Feb
-
6695
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4317
-12,00
YMAZ
03 Feb
-
4380
-41,00

G.North doen weer sake

Die Capital Equipment Groep (CEG) van Invicta Holdings Beperk het ‘n nuwe sake-afdeling, G.North, geloods, wat spesialiseer in die verkope en ondersteuning van landbou-implemente.

Promosie-artikel:
G.North, ‘n nuwe sake-afdeling wat spesialiseer in die verkope en ondersteuning van landbou-implemente, is deur die Capital Equipment Groep (CEG) van Invicta Holdings Beperk geloods.

“Die nuwe maatskappy is op gepaste wyse vernoem na die oorspronklike G.North & Son Limited, wat in 1869 as verspreiders van landbou-implemente gestig is,” het  mnr. Tony Sinclair, hoof-uitvoerende beampte van Invicta se Capital Equipment Groep, verduidelik.

“Ons gaan terug na die oorspronklike filosofie van die maatskappy deur alle implemente wat deur Invicta se landbou-afdelings verkoop word – Northmec en New Holland – saam te voeg om een groot spesialisafdeling te vorm.

“Hierdie samevoeging verbreed die Groep se dienste aan ‘n uitgebreide kliëntebasis wat boere, handelaars en verspreiders insluit. Dié skuif gee die nuwe maatskappy ook die vryheid om enige nuwe handelaar of verspreider in die mark aan te stel – selfs buite die Northmec en New Holland verspreidingsnetwerk – wat heelwaarskynlik markpenetrasie sal verbeter.

Fokus op handelsmerke
“ ’n Kritiese deel van die Groep se groeistrategie is om te verseker dat daar ‘n spesifieke fokus is op produkhandelsmerke en te verseker dat opleidingsinisiatiewe geteiken word om individuele produkreekse te bevorder en die hoogste standaarde in die landbousektor te handhaaf. ‘n Span hoogs bekwame spesialiste verskaf die tegniese raadgewing, ondersteuning en onderhoud om die gebruik van die toerusting te optimiseer en produktiwiteit te verhoog.”

G.North sal topgehalte handelsmerke versprei wat Jacto-sproeiers, Baldan-grondbewerkingstoerusting, Welger-balers, Lely-voertoerusting, Sitrex-harke, Storti-voermengers en Stara-graanhantering- en verspreidingstoerusting insluit. Ook in die reeks is Franco Fabril-sonneblomstroperkoppe, Geringhoff-stroperbybehore en Santa Izabel se kontrasnyeg-reeks.

Machio Gaspardo-toerusting sluit in wentelkapploeë, kragharke, stokkiekappers, rygewasskoffels, presisieplanters en fynsaadplanters. Camara-misstrooiers is in 8 en 12 ton modelle beskikbaar. Quantum se gemonteerde spuite en sleepspuite sal deur uitgesoekte New Holland-handelaars versprei word.

Vir meer inligting, kontak mnr. Steph Strydom vanG.North.
Posbus 851 Isando 1600
Kantoor:  011 922 2300    
E-pos: stefs@northmec.co.za    

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.98
-0.4%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,913.84
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,831
+0.3%
Alle aandele
79,990
+0.2%
Hulpbronne 10
74,726
+0.1%
Industriële 25
103,007
+0.4%
Finansiële 15
16,611
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot