AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28
Skenk 'n artikel

Graanysters wys hul staal

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 3 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
Die selfaangedrewe McDon M155-platsnyer is toegerus met ’n 4,87 meter skyfsnyer-kneuser vir hooimaak. Dit het ’n viersilinder-Cummins-enjin van 115 kW en is toegerus met ’n dubbelrigtingkajuitsitplek met sy eie suspensie vir rygemak. Die werkspoed wissel van 15-22 km/h, en alle funksies word hidroulies vanuit die kajuit beheer. Prys: R2,17 miljoen (trekker), R822 300 (snytafel).
Navrae: Vitamech, Kaapstad, mnr. Jurie Swart, 083 375 8840.
Die selfaangedrewe McDon M155-platsnyer is toegerus met ’n 4,87 meter skyfsnyer-kneuser vir hooimaak. Dit het ’n viersilinder-Cummins-enjin van 115 kW en is toegerus met ’n dubbelrigtingkajuitsitplek met sy eie suspensie vir rygemak. Die werkspoed wissel van 15-22 km/h, en alle funksies word hidroulies vanuit die kajuit beheer. Prys: R2,17 miljoen (trekker), R822 300 (snytafel). Navrae: Vitamech, Kaapstad, mnr. Jurie Swart, 083 375 8840.

Op die afgelope Nampo Kaap het uitstallers ’n verskeidenheid graantoerusting gewys wat wissel van planters tot stokkiekappers. Onder dié week se werktuighoogtepunte tel ook strooiers en kunsmisstrooiers. Pryse sluit BTW in.

Die trekkeraangedrewe Kong- skilde SUC-T500-pneuma- tiese graansuier kan aan ’n trekker gekoppel en aangedryf word deur sy aftakkerstelsel. Graan word vanaf die opbergplek opgesuig en op ’n vragmotor se bak of in ’n graansilo ingeblaas. Dit maak graanverskuiwing maklik omdat dit gebruik kan word op enige plek waar die trekker (minstens 48 kW) kan ry. Dit kan 15-30 ton graan per uur verskuif. Die suier maak deel uit van ’n reeks, waarvan die grootste model tot 120 ton graan per uur kan verskuif. Prys: R345 000. Navrae: Sermatric, Durbanville, mnr. Hein Serfontein, 082 463 9840.
Die 12 m wye Equalizer-volvlotteraksieraam in vyf seksies vir koring en kleingraanplanting het ’n 273 mm rysporing, asook ’n vier-tenk- opstelling met ’n totale houvermoë van 7 500 liter. Drie kiste is vir korrelsaad en -kunsmis, en een vir vloeistof. Agterop is ’n 400 liter-fynsaadtenk met uitspatters vir slak-, muis- en ander gifstowwe. Alle gegewens, soos saadvloei en moontlike verstoppings in die stelsel, word deur ’n Digitroll Xeetgate ry-vir-ry moniteringstelsel aangedui. Die hoofraamwiele is so gemonteer dat dit grondverdigting beperk. Die volvlotteraksie-vlerkwiele hou die vyf seksies plantvlerke op ’n sekere hoogte om onafhanklik aan te pas by onegalige terrein. Die planter het 44 planteenhede, en ’n trekker van 308 kW is nodig om dit te sleep. Prys: R2 530 000. Navrae: Equalizer, Brackenfell, mnr. Driekus Nel, 066 219 3267.
Die 9 m wye Avatar-solo-fynsaadplanter uit Duitsland het 30 geenbewerkingskottelplant- eenhede met ’n 300 mm ry-spasiëring. Dit het ’n hidrouliese drukkingseenheid van 350 kg vir die plasing van saad. Die plantdiepte wissel van 0-100 mm. Die planter is Isobus-versoenbaar met enige fabrikaat trekker van meer as 175 kW wat dié stelsel het, maar as ’n trekker nie hieroor beskik nie, kan die planter se eie elektriese stelsel aan die trekker gekoppel word. Prys: R2,07 miljoen. Navrae: Terratill, Carletonville, mnr. Righardt van den Berg, 083 276 5846.
Dié baanbreker hawerskoonmaakmasjien haal alle “predikantsluis”, oftewel steekgras, uit hawersaad. Die Japs-hawerskoonmaakmasjien (op die foto) kan een ton saad per uur skoonmaak, maar ’n groter eenheid wat tot vyf ton per uur kan skoonmaak, is ook beskikbaar. Die stelsel werk met ’n elektriese motor van 0,75 kW wat statiese elektrisiteit opwek om die steekgras uit hawer te haal. Twee modelle is beskikbaar — een mét ’n bakkies- hyser en een daarsonder. Prys: Onderskeidelik R86 250 en R113 850. Navrae: Japs Engineering, Benoni, mnr. Jaap-Jan Sterkenburg (op foto), 082 890 9476.
Die Growthcare-onkruidbeheermat is van polipropileen gemaak en laat water en lig in, maar voorkom grootliks die verdamping van water. Die mat keer waterverdamping met 30-40%, en is in drie digthede beskikbaar, naamlik 50 GSM (wat sowat ’n jaar hou), 85 GSM (drie jaar) en 120 GSM (vier tot vyf jaar). Die mat, wat bestand is teen die son se ultravioletstrale, disintegreer mettertyd in onskadelike brokkies. Die mat word verkoop in rolle van 1,2 m breed en 20-250 m lank. Prys: Die mat op die foto is 85 GSM dig en kos R6,38/m. Navrae: Orchard Suppliers van Worcester, mnr. Rudi Swanepoel, 084 249 4005.
Die Nobili BNU 145CL-stokkiekapper het ’n werkswydte van 1,4 meter en blaas die gekapte materiaal op ’n plantbankie waar dit bemesting word. Dit het ’n stel wiele waarmee die hoogte beheer word vanaf die hidrouliese stelsel van die gekoppelde trekker. Laasgenoemde moet 51-58 kW ontwikkel. Prys: R181 700. Navrae: Southtrade, Brackenfell, mnr. Danie Degenaar, 082 214 0883.
Hierdie Massey Ferguson NFRB 3130F Classic-baler kan bale maak van enige tipe graan of voer. Die opteller is 2,25 m wyd en die baler se afmetings is 1,25 m x 1,23 m x 1,5 m. Dit werk vanaf ’n trekker (minstens 52 kW) se kragaftakker. Dit trek bale met net oor, maar sonder bindtoue. Dit het ook ’n baalkamerslot, wat die baal langer in die baalkamer kan hou sodat dit stywer gestop word as normaalweg. Die baalmaakproses word deurentyd gemo- nitor. ’n Drukroller sorg dat die plantmateriaal egalig gevoer word. Prys: R557 750. Navrae: Massey Ferguson, Caledon, mnr. Riël Deysel, 081 809 3863.
Die Kverneland TS-fynsaadtandplanter is volgens mnr. Liam van der Merwe goed toegerus vir die Wes-Kaapse omstandighede. “Die skeurtande se 50 kg wegbreekveer maak dit gepas vir die Wes-Kaap se harde grond en boonop is die planter Isobus-versoenbaar.” Die driepuntmodel vereis ’n trekker van minstens 90 kW om dit te trek. Dit kan gemaklik teen ’n snelheid van 15 km/h plant en het ’n 1 200 liter-saadbak met ’n opsionele verlengingstuk wat ’n ekstra 500 liter tot die saadbak voeg. Hierdie 35-ry-planter is 4,8 m breed. Prys: R759 867. Navrae: Jupidex, Pietermaritzburg, mnr. Liam van der Merwe, 033 386 3574
Die Tomcat WN1600CT-komposdraaier se rye tande (op die foto vertikaal vir vervoer) dolwe kompos om wanneer dit langs die komposrye agter ’n trekker gesleep word. Sodoende belug dit die kompos vir beter fermentasie. Die komposdraaier werk vanaf die trekker se hidrouliese stelsel. Hierdie komposdraaier word plaaslik vir Suid-Afrikaanse toestande gebou en onderdele is vrylik beskikbaar. Prys: R224 250. Navrae: Tomcat Chippers, Worcester, mnr. Frans Greyling, 072 292 1821.
Die Duits-vervaardigde Amazone ZATS3200-kunsmisstrooier hou 3 200 liter en kan korrelkunsmis tot 54 m wyd strooi. Dit is versoenbaar met en kan gekoppel word aan enige trekker wat oor die Isobus-stelsel beskik, vanwaar alle toepassings en elektronika beheer word. Prys: R552 000. Navrae: Falcon Equipment, Howick, mnr. Wessel Vosloo, 082 443 5916.
Die Italiaans-vervaardigde DCM SW5 ISO-presisiekunsmisstooier van 1 000 liter is deel van ’n groot reeks boord- en wingerdstrooiers. Kunsmis word direk op die plantbankies geplaas en die leweringspoed en kg/ha kan aangepas word na gelang van die terrein. Dit kan enige kunsmistipe met ’n voginhoud van onder 38% strooi. Dit koppel aan ’n trekker se driepuntstelsel of dit kan op ’n eiewa (foto) agter ’n trekker gesleep word. Die grootste strooier in die reeks hou 4 200 liter. Prys: R287 500 (1 000 liter-model op die foto). Navrae: BeveraTech, Wellington, mnr. Ernst Coetzee, 083 412 3092.
Die Rovic Biospread-strooier van 6 m3 is geskik om organiese materiaal soos kompos, gekerfde houtsplinters en mis te versprei. Dit strooi 18-30 m3 materiaal per uur direk op plantbankies, na gelang van die tipe materiaal. ’n Groter model van 9 m3 is ook beskikbaar. Trekkers van tussen 40 kW en 80 kW word vereis vir dié strooiers. Prys: R414 000 (6 m3-model op foto). Navrae: Rovic Leers, Blackheath, Kaapstad, mnr. Dewalt van Dyk, 082 881 6187.
Die Ikapa AirPro-kunsmisstrooier is volkome van vlekvrye staal gemaak en is beskikbaar in 500 kg- en 1 000 kg-modelle. Die wiele meet die kunsmis af, terwyl die trekker (minstens 30 kW ) se kragaftakker ’n waaier aandryf wat die kunsmis deur die pyp tot op die bankie onder die boom blaas. Ruil ’n enkele rat om en dit kan slakpille strooi. Die toeganklikheid en toestand van ’n boord bepaal die tempo waarteen hierdie strooier kan werk. Dit kan doeltreffend in rywydtes van 3 m tot 9 m strooi. Prys: R97 750 (500 kg-model). Navrae: Ikapa Trading, Grabouw, mnr. Neels Thiart, sel: 061 113 8633, epos: ikapa@ikapatrading.co.za.
Die Monosem-kunsmistoediener kan korrelkunsmis presies binne elke plantlyn plaas en maak dit dus ideaal vir presisieboerdery. Dié model (foto) kan kunsmis in 10 lyne plaas, maar dit is beskikbaar in verskillende groottes, na gelang van die vereistes – tot 24 plantlyne oor ’n 12 meter werkswydte. Die kunsmistoediener koppel aan die trekker se hidroulika, en het ook twee eiewiele vir stabiliteit. Sy tenk hou 700 liter, maar tenks van tot 1 800 liter is beskikbaar. Prys: R333 500. Navrae: Monotec, Kaapstad, mnr. Arend Langer, 082 964 6080.

Lees die volle storie
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot